CemAir vs SA Airlink

2016-09-15 06:00
Photo:  caption

Photo: caption

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EEN van die groot nuusstories in ons kontrei die afgelope 10 dae is die versoek van SA Airlink aan die Ray Nkonyeni Munisipaliteit dat hy toegelaat moet word om ‘n mededinger vir CemAir te word op die roete tussen die internasionale lughawe Oliver Tambo en Margate.
In ‘n weldeurdagte en lang voorlegging met ‘n videoproduksie en al het Airlink die uitvoerende komitee van die munisipaliteit daaraan herinner dat Suid-Afrika ‘n vrye markstelsel het, dat Margate se lughawe in die openbare domein is, en gesê die gemeenskap van die Suidkus verdien ‘n mededingende omgewing wat lugroetes betref.

Airlink het selfs ‘n amptenaar van die provinsiale Departement van Samewerking en Tradisionele Regering saamgebring, wat tydens die voorlegging ‘n bydrae gelewer het om Airlink se aansoek te steun. Dit het die uitvoerende komiteelede effe ontkant gevang, want hulle het ooglopend nie daarvan geweet dat ‘n provinsiale amptenaar die voorlegging sou steun nie.
Hulle het nietemin die voorlegging aangehoor, maar daarna was dit duidelik daar was ‘n diepe ongelukkigheid onder die oppervlakte. Die raadslede het toegegee ons het ‘n vrye markstelsel, en dis Airlink se reg om die versoek te rig. Die teleurstellende ervaring met Airlink sowat vyf jaar gelede is egter nog vars in die geheue. Die burgemeester, raadslid Cynthia Mqwebu, het dit goed verwoord toe sy daarop gewys het die destydse Hibiskuskus-munisipaliteit het lang onderhandelings met Airlink gevoer oor die hervatting van die redery se diens na Margate wat hy in 2009 gestaak het omdat “dit nie winsgewend was nie”.
Die munisipaliteit sal nie goedsmoeds van hierdie ervaring vergeet nie, het sy gesê, want Airlink het vaste ondernemings waaroor lank onderhandel is, summier en uit die bloute uit verbreek. Dit was ‘n groot skok wat hul bitter teleurgestel het. Sy het verklaar hoewel vrye markbeginsels geld, die finale besluit gegrond sal wees op wat in die beste belang van die gemeenskap is.

Verskeie ander raadslede en amptenare het vrae gevra oor byvoorbeeld skedules, vlugkaartjie-pryse, akkomodasie vir Airlink-personeel op die lughawe, die gebruik van toerusting en dies meer. Airlink het onderneem om vir sekere uitbreidings op die lughawe te betaal, gesê gesprekke kan gevoer word oor skedules en verwante sake, en toe Airlink se uitvoerende hoof, Roger Foster, oor pryse gepraat het, was dit duidelik dat dit uiters mededingend sal wees. So mededingend dat CemAir beslis gaan seerkry.

Die munisipaliteit sit nou met ‘n tameletjie. Aan die een kant weet hy dat dis Airlink se goeie reg om die roete te probeer benut, maar aan die ander kant is daar baie spesiale omstandighede ten opsigte van CemAir.
Nadat Airlink vyf jaar gelede sy onderneming verbreek het, samesprekings met SA Express ook op nul uitgeloop het, en die redery Studio 88 misluk het in sy poging om ‘n diens te lewer, het Margate se lughawe feitlik in onbruik verval. Totdat CemAir se uitvoerende hoof, Miles van der Molen, net meer as drie jaar gelede met die munisipaliteit en plaaslike kundiges in gesprek getree het, en baie vinnig besluit het om die kans te waag, en die roete te begin. Die res is geskiedenis.

CemAir se diens was so suksesvol dat die roete, asook sy ander roetes in die land, van krag tot krag gegaan het en nog steeds groei.
CemAir het ook deel van die Suidkus-gemeenskap geword, oor drie jaar daarin geslaag om sy die prys van sy kaartjies verhogingloos te hou, en ‘n sowel ‘n puik vlug- as maatskaplike diens gelewer.

Jou van hoef nie Einstein te wees om te besef twee rederye kan nie winsgewend op hierdie roete wees nie. Kundiges in die lugvaartbedryf sê daar kan net een beweegrede wees waarom Airlink weer die roete wil bedryf.
Hy wil CemAir seermaak, omdat die lugredery hom ook elders opdraend gee. Airlink sal sy tariewe só verlaag dat CemAir sy diens sal moet staak. Wanneer Airlink daarna die alleendiens het, verhoog hy sy pryse na willekeur, en kan later ook sy diens opskort “omdat dit nie winsgewend is nie”.
CemAir is dan nie meer ‘n doring in sy vlees nie, en Margate sit weer sonder ‘n diens. Mense wat weet sê dis ‘n ou en beproefde praktyk in die lugvaart-bedryf wat Airlink (en ander rederye) in die verlede dikwels met sukses toegepas het.

Hoe dit ookal sy, dit gaan vir die munisipaliteit ‘n baie moeilike besluit wees. Geoordeel aan die mening van gesiene mense in die gemeenskap, is daar net een uitweg -sê vir Airlink: “Dankie, maar nee dankie. Ons het reeds ons redery wat deur dik en dun by ons gestaan het. Ons kan hulle nie vir die wolwe gooi nie.”

Die uiteinde van hierdie saak gaan uiters interessant wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.