China, die grootste ‘verkragter’ van wêreld-oseane

2016-05-19 06:00
‘n Nabyskoot van ‘n Chinese vistreiler, een van baie wat die oseane deurkruis en alles wat voorkom in hul nette vang.

‘n Nabyskoot van ‘n Chinese vistreiler, een van baie wat die oseane deurkruis en alles wat voorkom in hul nette vang.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n GROOT storm het die afgelope tyd op die sosiale media losgebars oor die teenwoordigheid van Chinese vistreilers langs die Suid-Afrikaanse kuslyn, en in die besonder die Suidkus van KZN.
Verskeie omgewingsbewustes het grafiese beelde versprei van die skepe langs die kus wat met ‘n spesiale toepassing op rekenaars en selfone gevolg kan word. Talle van hierdie skepe is Chinese vistreilers wat lank op een plek stilstaan, en ooglopend die een vangs na die ander uit die oseaan onttrek.

Kenners met wie die uwe gepraat het, sê sekere nagte kom hierdie vistreilers so na aan die kus dat mense met goeie sintuie die diesel-enjins in die verte kan hoor, afhangend van die windrigting. Mense in hoë woonstel-geboue in Margate kan sekere tye van die dag bote in die verte sien wat doodstil lê en nie beweeg nie. Die logiese afleiding is dis vistreilers.

Die hele omstredenheid het ook intussen na die hoofstroom-media oorgespoel, en net voor hierdie berig geskryf is, het verskeie media berig dat ‘n Chinese visserboot deur die regering deursoek is nadat ander laat spaander het. Die vraag wat deur verskeie mense op die sosiale media gevra is, is of die Suid-Afrikaanse regering se hegte vriendskap met die Chinese regering hom nie daarvan weerhou om strenger op te tree nie. Hoe dit ookal sy, daar bestaan geen twyfel dat die Chinese vissersbote, nie net aan die Suid-Afrikaanse kus nie, die wêreld se oseane van vis stroop soos nog nooit vantevore nie. In berigte waarop ek afgekom het, sê Suid-Afrikaanse vissermanne in sekere gebiede waar daar normaalweg baie vis is, is daar nou min.
Daarbenewens sien hulle talle ongemerkte Chinese vistreilers in hierdie gebiede. Van hulle het selfs fotos van die bote aan die Transkeise kus op Facebook geplaas, en van die mense wonder of hierdie bote nie iets te doen het met die skaarste van seisoenale sardines nie.

Op die internet het ek kennis geneem verskeie lande se ernstige probleme met Chinese vistreilers wat hulle nie steur aan die internasionale gebiedswaterreëls nie.
‘n Goeie voorbeeld is Argentinië, wat in Desember verlede jaar waarskuwingskote op twee vistreilers gevuur en verhoed het dat hulle na internasionale water ontsnap. Tien ton ilex-inkvis is aan boord van die skepe gekry nadat hulle hawe toe gesleep is. Hierdie spesie is die hoof-voedselbron van pikkewyne, seeleeus, voëls en walvisse, en as die vangste goed bestuur word, kan Argentinië en die Falkland-eilande ‘n goeie inkomste verdien sonder om die bron skade te berokken.

Maar die Chinese vissersbote 300 000 ton inkvis per jaar in Argentynse gebiedswater, beweeg na internasionale water, verplaas die vangste na groot fabrieksbote, neem voorraad en brandstof in, en keer so gou as moontlik terug om nog inkvis te stroop. Die probleem is só groot dat NASA foto’s snags uit die ruimte toon dat die wêreld se oseaan donker is, behalwe hier, 300 kilometer van die naaste kuslyn, waar die ligte van al die bote die see soos ‘n groot stad laat lyk. Argentinië sukkel om die situasie se beheer omdat hy slegs agt bote het om sy lang kuslyn te patroller. Die Falkland-eilande se viswater word deur die Britse vloot beskerm.

Argentinië se probleem is maar net een van baie dwarsoor die wêreld. China het die grootste visvloot op aarde, en die Verenigde Nasies het bevind dat 70% van die wêreld se vis-spesies met uitwissing bedreig word.
Professor Walter Clemens van die Universiteit van Boston het onlangs geskryf behalwe dat China die oseane stroop van vis, is hulle besig om haaie uit te roei vir haaivinsop, en gooi die Chinese een derde van die plastiekprodukte wat die oseane versmoor, oorboord. Nie alleen “verkrag” China die oseane nie, sê Clemens, hy doen dieselfde met die volkereg.

Tot onlangs was sy gebieds-uitbreiding beperk tot sy bure, van Mansjoerye en Tadjikistan tot die Himalayas en Viëtnam. Nou eis hy internasionale waterweë op as sy eie.

Om alles te kroon, verklaar die professor, het China reeds sy eie tier- en beerbevolking uitgewis, sy agente stroop diere in ander lande, soos olifante vir die ivoor. Hy noem talle ander voorbeelde, en meen die rede vir China se aanslag op die wêreld se bronne is gierigheid, regerings-medepligtigheid en swak regering. Of sy slotsom korrek nou korrek is of nie, die harde werklikheid is China kan nie toegelaat word om ongehinderd sy gang te gaan nie. Die vraag is eenvoudig. Wie gaan hom keer? Donald Trump?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.