Dagga – moet dit gewettig word?

2016-09-08 06:00
FOTO: VERSKAF Dagga.

FOTO: VERSKAF Dagga.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE wettiging van dagga of nie is seker een van die heftigste debate van die afgelope paar jaar met sterk gevoelens aan albei kante. Daar is mense oor die hele wêreld wat wil hê die rook daarvan moet onvoorwaardelik toegelaat word, en daar is enkele lande wat dit wel doen. Daar is ook dié wat heeltemal teen die wettiging van dagga gekant is, en redeneer dit sal dit dun end van die wig wees om algehele dwelmmisbruik aan te moedig. Dan is daar diegene wat hulle beywer dat die medisinale gebruik daarvan toegelaat word en grond hul argument op bewese studies en praktiese ondervinding dat dagga wel aansienlike medisinale eienskappe het.

Daardie debat was ook onlangs hier op die Suidkus in die kollig toe lede van die laasgenoemde groep, Allan Morkel en Janet O’Donoghue van die Suid-Afrikaanse Cannabisgemeenskap- en Reguleringsvereniging die gassprekers was op ‘n weeklikse debatforum. Hulle het daarop gewys dat dagga, of cannabis of marijuana, soos dit ook bekend is, nog steeds onwettig in Suid-Afrika is, ten spyte daarvan dat dit elders in die wêreld óf gewettig óf gedekriminaliseer is.

Volgens hulle is die groot farmaseutiese maatskappye sie grootste teenstanders van die wettiging van dagga vir medisinale gebruik, omdat dit hul winste erg kan benadeel. Morkel en O’Donoghue glo egter onwrikbaar, soos talle ander, dat dagga ongelooflike mediese eienskappe het, en vir meer as 700 medisinale gebruike aangewend kan word. Hulle het voorbeelde genoem van mense met kanker en auto-immuniteitsprobleme wat vroegtydig kanker-olie gebruik het en daardeur genees is. Morkel het ontken dat die rook van dagga breinselle beskadig, en dat rokers nie gewelddadig word nie, tensy die dagga met ander middels gemeng word.

Volgens hom is daar geen langtermyn-uitwerking op rokers se geheue nie, hoewel dit wel op die kort-termyn wel ‘n uitwerking kan hê. Volgens hom is tabak, alkohol en sekere medisyne wat sonder voorskif verkry kan word, gevaarliker as dagga.

In die res van die wêreld is daar ‘n magdom mense en organisasies wat hulle beywer vir die gebruik van dagga vir medisinale redes, en grond hul pleidooie op verskeie mediese studies aan van die voorste universiteite in die wêreld. Dis nou buiten die groepe wat die rook daarvan heeltemal gewettig wil sien.

Die teenstanders van die wettiging van dagga, selfs vir medisinale gebruik, is ewe beslis dat die dwelm eenvoudig te gevaarlik is, ten spyte van sekere beperkte medisinale eienskappe. Van die bewyse wat hulle aanhaal is gesaghebbende studies wat daarop dui dat minstens 9% van die mense wat dagga probeer, daaraan verslaaf raak, en dat hierdie syfer verdubbel indien die roker ‘n adolessent is.

Die anti-groep haal ook studies aan wat bewys dagga is skadeliker as tabak. Hier in Suid-Afrika is byvoorbeeld gevind dat daar ‘n korrelasie is tussen die rook van dagga en die aantal mense wat in trauma-eenhede beland.

Navorsers het bevind 58% van die pasiënte in Kaapstadse trauma-eenhede was daggarokers. Vir Port Elizabeth was die syfer 29% en Durban 44%.

Ek het die menings van plaaslike alkohol- en dwelm-rehabilitasiesentrums ingewin, en hulle was eenparig: die rook van dagga moet onwettig bly. ‘n Ervare en gerespekteerde berader in in Ramsgate, self iemand wat oor 18 jaar aan alkohol, dagga en heroïen verslaaf was, het geen geheim daarvan gemaak dat dagga in 90 persent van die by mense wat hulle behandel, die begin van hul dwelmspiraal was nie.

“Moenie dat iemand jou iets anders probeer wysmaak nie. Dis ‘n feit.” Ek glo hom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.