Die Blitzen-Benz: ‘n Meneer van ‘n motor

2018-07-19 06:01
FOTO: Technik Museum SinsheimDie massiewe enjin van 21.6 liter: 'n Meganiese kunswerk van sy tyd.

FOTO: Technik Museum SinsheimDie massiewe enjin van 21.6 liter: 'n Meganiese kunswerk van sy tyd.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


TYDENS ‘n besoek aan Dezzie Gutzeit se renbaan in Oslo Beach ‘n week of wat gelede, het ek my staan en verwonder aan die fantastiese motors wat óf aan renne deelgeneem of geparkeer gestaan het.

‘n Mooi, veteraan- of uitsonderlike model was vir my nog altyd ‘n groot aantrekkingskrag, en ‘n rooi ‘Gullwing’-Mercedes Benz met ‘n Johannesburgse registrasienommer het my oog gevang. Dis nou die moderne weergawe van die ikoniese model van die vroeë vyftigerjare met die deure wat soos seemeeuvlerke boontoe oopmaak.

My gedagtes het teruggegaan na die jare toe Sterling Moss die Mille Miglia in ‘n Mercedes gewen het, en ook die verskriklike ongeluk in 1955 op Le Mans waarin ‘n Mercedes-renjaer en 83 toeskouers dood, en meer as 180 beseer is. Mercedes het hierna vir baie jare nie aan renne deelgeneem nie. Onderwyl ek nog die ‘Gullwing’ staan en bewonder het, het ‘n jong man met verwondering ‘n bekende Afrikaanse woord wat met ‘n ‘b’ begin, ge-uiter.

Ek het verkeerd gehoor, maar dit het ‘n ander assosiasie wakker gemaak. Die woord ‘blitzen’. En die naam Blitzen-Benz. My oorlede pa het my as kind gereeld vertel van wat destyds beskou is as die wondermotor van sy tyd in die jare 1909 tot 1919, toe hy ‘n kind was. Indien ‘n mens besef Carl Benz het eers in 1886 ‘n lisensie gekry om ‘n voertuig met ‘n binnebrand-enjin te bou, ( basies die geboortesertifikaat van vandag se motorvoertuie ) was dit ‘n verstommende prestasie.

Terug by die huis het ek navorsing gedoen en op fassinerende inligting afgekom. Aan die begin van 1909 het Carl Benz, wat nie geesdriftig oor renne en spoed was nie, nogtans toestemming aan een van sy ingenieurs, Julius Ganss, gegee om ‘n motor te bou, gegrond op die ontwerp van die Benz Grand Prix-motor, omdat hy die waarde van publisiteit besef het.

Die enjin-kapasiteit is vergroot tot 21.5 liter, ‘n rekord wat vandag nog staan. Die kraglewering van die masjien was 147 kilowatt teen 1 600 omwentelinge per minuut. Die reuse ‘vier-in-lyn-eenheid’ het 407 kilogram geweeg, en die hele motor 1 450 kilogram. Die viersilinder-eenheid het vier ratte gehad, en die ongelooflike wringkrag is met ‘n ketting aan die agterwiele oorgedra. Dit was inderdaad ‘n ‘monstermotor’ gemeet aan die standaarde van daardie dae, en net meer as 20 jaar na die bou van die eerste ( en primitiewe) motor, ‘n tegnologiese wonderwerk, gemeet aan destydse standaarde.

Op 22 Augustus 1909 het ene Fritz Erle ‘n wedren van een kilometer in Frankfurt/Main in 22.6 sekondes afgelê teen ‘n gemiddelde spoed van 159.9 kilometer per uur, met ‘n aanloopwegspring (flying start). Die Blitzen-Benz was nie juis gebou vir draaie nie. Soos die Amerikaanse ‘dragsters’.

Bloot om so vinnig van punt A na punt B te versnel.

Die motor het op 8 November 1909 ‘n land-snelheidsrekord opgestel, ook oor ‘n afstand van een kilometer, maar teen ‘n gemiddelde spoed van 202.7 kilometer per uur. Intussen het die ingenieurs in Mannheim volstoom aan modifikasies aan die motor gewerk.

Die aerodinamika en meganiese ontwerp is verbeter, en die motor is so smal as moontlik gemaak, met die gevolg dat dit ‘n unieke ontwerp vir daardie jare gehad het met sowel die rat- en handremhefbome as die uitlaatpype aan die buitekant. Die hoë, smal verkoelerstelsel was agter ‘n geelkoper-rooster, met ‘n ‘voëlbek’ voor en ‘n vloeiende stert wat die motor sy besonderse en aggressiewe voorkoms gegee het. Die Blitzen-Benz, teen hierdie tyd die motor se naam in die volksmond, het twee bestuurders gehad. Die een het die nodige gedoen om die gevaarte op die pad te hou, en die ander om die petrolpomp te hanteer.

Ses modelle van hierdie supermotor is gebou. Vier bestaan vandag nog. Een is in die Benzmuseum-museum in Duitsland, nog een, die enigste viersitplek-weergawe wat gebou is, is in die besit van ‘n Amerikaanse versamelaar, asook die ander twee wat nie heeltemal oorspronklik is is nie maar streng volgens fabriekspesifikasies herbou is. Die Amerikaanse renjaer Bob Burman net in 1911 op Daytona Beach rekords van 225.65 en later 228.1 kilometer per uur opgestel, nuwe landsnelheidsrekords wat eers in 1919 oortref is.

n Baie belangrike feit is dat die Blitzen-Benz in hierdie dekade twee keer vinniger as enige vliegtuig was, en die trein wat in 1903 210 kilometer per uur gehaal het, sou hom ook nie kon vang nie.

Mense wat hom bestuur het, ook van die modelle in Amerika, sê dis nogal ‘n ervaring. Weens die groot verplasings-inhoud vibreer die enjin kwaai, so erg dat jy soms nie behoorlik kan sien nie soos jou oë in hul kaste rondgeruk word.

Voorwaar ‘n ongewone voertuig, maar ‘n ware legende en monument vir die mens se ingenieursvernuf.

Wonder hoe vinnig hy op Dezzi se pylvak sal wees?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.