Die Eerste Wêreld-oorlog: Die mees sinnelose slagting van mense in die geskiedenis

2018-11-22 06:02
PHOTO: SourcedGrafte van die Suid-Afrikaanse gesneuweldes by Delvillebos.

PHOTO: SourcedGrafte van die Suid-Afrikaanse gesneuweldes by Delvillebos.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Verlede Sondag het die uwe hier in Shelly Beach vasgenael voor die TV gesit en kyk na die herdenkingseremonies van die vredesluiting na die Eerste Wêreld-oorlog in Parys. Die vrede het om elf-uur die oggend, van die elfde maand van 1918 – presies een honderd jaar gelede – in werking getree. Hierdie oorlog, meer as al die ander, interesseer my die meeste, weens die totale futiliteit daarvan, en die manier waarop die bevelvoerders menselewens opgeoffer het soos ons lastige miere doodmaak.

Op universiteit moes ek ‘n geskiedenisverhandeling oor die oorlog indien, en na dae in die biblioteek het ek besluit dit was sonder twyfel die mees sinnelose slagting van mense in die wêreld se geskiedenis. Van 1914 tot 1918 is meer as 14-miljoen mense dood, van wie meer as 9-miljoen soldate, vlieëniers en matrose van 28 lande. Duitsland het in 1914 amper ‘n vinnige oorwinning behaal, maar die oorlog het ontaard in ‘n verskriklike, futiele stryd in loopgrawe waarin duisende soldate binne minute opgeoffer is vir somtyds tien meter grondgebied. Die naslaanwerk wat my die meeste getref het, se titel was ‘The Donkeys’, verwysende na die stelling van ‘n bekende historikus dat die oorlog se soldate aan beide kante ‘Leeus’ was wat deur ‘Donkies’ aangevoer is. ‘n Insident wat uitstaan was toe die Britse opperbevelhebber, Generaal Douglas Haig, tydens ‘n aandete met sjampanje ver agter die linies, ‘n mede-offisier meegedeel het indien hulle die volgende dag minder as 20-duisend man verloor, die beplande operasie ‘n sukses sou wees. Die bevelvoerders aan albei kante het inderwaarheid skaak gespeel met soldate in modder-loopgrawe. In ‘n stadium was die gemiddelde dienstyd van ‘n peloton-aanvoerder 35 minute vandat hy aangewys is as plaasvervanger vir sy dooie voorganger, totdat hy self doodgeskiet is.

In 1984 was ek bevoorreg om in Frankryk teenwoordig te wees by die inhuldiging van die nuwe monument by Delvillebos, waar Suid-Afrika op 20 Julie 1916 meer as drie-duisend man in een veldslag verloor het. Van die 3 153 soldate wat die bos binnegegaan het met die opdrag om dit tot elke prys te behou, het net 142 oorleef. Net een van die oorspronklike bome in die bos, wat totaal verwoes is, het toe nog geleef, en die omliggende aarde was ongelooflik ongelyk as gevolg van die bomkraters. Om die dorpie Longueval was die rye en rye wit kruise op die grafte van duisende soldate, almal mooi versorg, van verskeie lande. Toe daar tydens die openingseremonie ‘n paar minute se stilte gehandhaaf is en almal na die name op die monument gestaar het, was dit so stil jy kon die bomme hoor bars, terwyl die oorlewende boom met sy bewegende blare bygedra het tot ‘n emosionele belewenis.

Onderweg per pad terug na Parys het ons verby kilometers en kilometers se witkruis-begraafplase gery met landerye tussenin wat nog deur hedendaagse boere, baie van hulle afstammelinge van die eienaars van 100 jaar gelede, bewerk word.

Oor die eerste tien kilometer van Delvillebos af was daar minstens elke 500 meter monumente en standbeelde ter nagedagtenis aan verskeie lande se regimente wie se soldate onder die wit kruise begrawe lê. Dit ruk jou.

‘n Nuusagentskap het verlede week interessante inligting bekend gemaak oor die 10 900 soldate wat op 11 November voor elf-uur gesneuwel het. Een van hulle was Augustin Trebuchon van Frankryk, wat minute voor elf doodgeskiet is toe hy na makkers toe gehardloop het om hulle te vra waar hulle die vrede gaan vier. Om twee minute voor elf is die 25-jarige Kanadees George Price deur ‘n Duitse skerpskutter gedood. Price, die laaste Statebond-soldaat wat gesneuwel het, lê begrawe baie na aan die Brit John Parr, wat die eerste Statebonds-ongeval in die oorlog was. Hy is op 21 Augustus 1914 doodgeskiet toe die oorlog minute oud was. Een minuut voor die vredesluiting is ‘n 23-jarige Amerikaner, Henry Gunther, deur Duitse masjiengeweerkoeëls neergevel. Hoewel die Duitsers eers bo-oor hom geskiet het om hom te laat platval ( hulle het geweet vrede was net sekondes in die toekoms ) het Gunther aangehou storm en skiet. Hy is noodgedwonge neergevel.

Die destydse prominente Britse politikus, David Lloyd-George, het in 1916 lakonies verklaar: ‘Hierdie oorlog, soos die volgende oorlog, en die een daarna, is ‘n oorlog wat alle oorloë gaan beëindig.’ Die Franse opperbevelhebber, Ferdinand Foch, het met die vredesluiting van 1918 gesê dis nie vrede nie, bloot ‘n wapenstilstand vir 20 jaar.

Min het hy geweet hoe in die kol hy was, want ‘n Oostenrykse korporaal met die naam Adolf Hitler het in 1917 die loopgrawe wraak gesweer. Die res is geskiedenis.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.