Die fassinerende wêreld van motorfietse

2018-05-10 06:00
PHOTO:

PHOTO:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERLEDE naweek se sogenaamde ‘Bike Fest’ in Margate was volgens berigte ‘n reuse-sukses. Talle sake-ondernemings in ons wêreld glimlag seker breed, want die manne met die ysterperde, al is van hulle, om dit sagkens te stel, ‘ongeslypte diamante’, nie skaam om hul beursies oop te maak nie. ‘n Groot persentasie van hulle is ook vermoënde professionele mense wat saam met die ander ryers een groot samedindende faktor het, naamlik motorfietse, en die subkultuur wat daarmee saamgaan.

Die organiseerders van hierdie ‘Fest’ moet gelukgewens word. Dit was puik.

Omdat die uwe self 15 jaar lank afhanklik van twee wiele was om van punt A na punt B te beweeg, het ek besluit om Saterdag by die ‘Fest’ deur te bring. En wat ‘n aangename ervaring was dit nie. Anders as in die eerste klompie jare se motorfietsnaweke, is daar die afgelope twee jaar minder Harley Davidsons en meer van die ander fabrikate, wat die ervaring aangenamer maak. Dis ook baie ‘sagter’ op die oor.

Wat my agter die meeste plesier gegee het, was die gesprekke met die eienaars en lede van die verskillende klubs, van alle bevolkingsgroepe. Uiteenlopende persoonlikhede met verskillende ander belangstellings, behalwe motorfietse, in die lewe.

Vriendelik, altyd gereed om ‘n geselsie aan te knoop, veral as dit oor hul ysterperde gaan, en baie trots op die kameraderie onder mekaar as ‘bikers’.

Nog nooit ‘n behoorlike Afrikaanse vertaling vir hierdie naam gehoor nie. ‘n Groot komponent van die naweek se ‘bikers’ was Afrikaanssprekend. Trouens, by die amptelike openingsfunksie het ek om my feitlik geen Engels gehoor nie.

‘n Eienskap van die meeste ‘bikers’ met wie ek gepraat het, was hul uitgebreide kennis van die geskiedenis van motorfietse, die verskillende modelle en die verskillende vervaardigers.

‘n Harley-fanatikus uit die Vrystaat het my bv. vertel die verste afstand wat nog in 24 uur op ‘n motorfiets gery is, was in 2011 toe iemand iewers op ‘n baan in Amerika net oor die 3 300 kilometer op ‘n Harley Electra-Glide in 238 rondes afgelê het vir ‘n plek in die Guinness-rekordboek.

‘n Geesdriftige middeljarige vrou van Pretoria het my breedvoerig verduidelik dat daar geen egte rubber in die bande van moderne sport-motorfietse is nie. Hulle word gemaak van sintetiese rubber en ander byvoegsels om padhouvermoë te verbeter.

Ek het ook uitgevind die eerste motorfiets was Gottlieb Daimler se houtraammodel met ‘n petrol-enjin in 1885. Die Yamaha-fabriek het in 1887 begin as ‘n klavier-vervaardiger. Benewens motorfietse, vervaardig Kawasaki onder meer skepe, elektroniese toerusting, trekkers, treine en helikopters.

Suzuki het 110 jaar gelede begin om weeframe vir die Japanse sybedryf te maak en die fabriek se eerste motorfiets het eers in 1952 die lig gesien. Honda, wat vandag van die gevorderdste renfietse ter wêreld maak, se eerste produk was fietse met tweeslag-help-my-trap-enjins van 50 ks. Die Ducati-fabriek in Italië het aanvanklik net radio’s gebou.

Toe ek teen Saterdagaand so ses-uur op my eentjie sit en ‘n Budweiser geniet onderwyl bluesmusiek my stoel laat vibreer, was dit met groot genoegdoening na ‘n dag se blootstelling aan die leefwêreld van die ‘bikers’. Daar was ook meer as net ‘n tikkie jaloesie, want dit lyk asof hul gemeenskaplike belangstelling en leefwyse van hulle besondere gelukkige mense maak.

Of hul medemense nou van hul kleredrag of leefwyse hou of nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.