Die geur wat jy versprei

2016-07-14 06:00

JY stap so in die winkelsentrum verby ‘n vrou en skielik tref daardie geur van parfuum jou. Dis duidelik dat die dame en haar parfuum mekaar gevind het. Die geur bly jou by. ‘n Ander keer ry jy met jou kar verby ‘n area en die reuk van die dood ontmoet jou. Êrens het die rioolstelsel verstop. Jy probeer die reuk so gou moontlik vergeet.

Dikwels is dit ook die ervaring wat jy met mense het. Die ontmoeting met die een persoon laat jou met ‘n gevoel van behae. Die ander ontmoeting laat jou voel of jy ‘n lang stort moet gaan neem. Paulus skryf in 2 Korintiërs 2:15 dat God deur Sy kerk die kennis van Christus oral versprei soos ‘n aangename geur. Die geur van Christus kleef aan Sy mense, want hulle leef in Sy teenwoordigheid.

Hulle praat met Hom in gebed en lees Sy Woord. Meer as dit, hulle leef Sy Woord uit.

Watter invloed oefen jy en ek as gelowiges uit op die mense met wie ons in aanraking kom? Onthou hulle ons om die regte of verkeerde redes? Onthou hulle hoe ons smaak aan die geselskap gegee het of onthou hulle ons negatiwiteit? Ons beïnvloed natuurlik nie net mekaar nie, maar ook die gemeenskap waarbinne ons lewe.

Dit kan dalk die skool wees waar jy leer werk, of die kompleks waar jy woon, of dalk die sportklub en ja ook die kerk. Daar gaan ‘n geur of ‘n reuk van elke mens af uit. Ons kan help opbou of afbreek deur die invloed wat ons elkeen op ons eie unieke terrein van die lewe uitoefen. Ons kan natuurlik deur onbetrokke by ons gemeenskap te wees, ook ‘n slegte invloed uitoefen.

Paulus sê dat ons alleen ander positief kan beïnvloed vanuit ons verhouding met Christus Jesus. Die Heilige Gees maak ons ‘n aangename geur vir Christus. Is dit ook waar van jou lewe?

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.