Die groot galjoen en die Harley- Davidson

2016-04-28 06:00

DIS hengelkompetisie en tyd vir ‘n groot brag en lieg. Dis die Marine-hotel en dis soetwyn op ‘n Saterdagmiddag.

Hengelaar Een vertel vir Hengelaar Twee van sy duikery by Vleesbaai. In ‘n ou skeepswrak het hy op perlemoen afgekom wat genoeg rooi-aas dra vir vyf jaar se hengel. En die rooi-aas word sommer uitprobeer.
“Man, ek sit so, toe kom daar ‘n klomp groot kolsterte aangeswem. Ek sê jou, die kolle op hul sterte is so groot soos outydse 16-spoedgrammofoonplate. Toe loop gooi ek vir my eerste galjoen. Toe hy vat, sing my Penn 49A-katrol soos ‘n Morris Minor wat teen die Outeniquapas uitry. Die katrol raak rooiwarm, en ek is verplig en druk hom in die see om af te koel.
“Dit lyk soos ‘n Easy-wasmasjien op ‘n Maandagmôre ná Paasnaweek. Ek sukkel uit strand toe en maak my stok aan die Landrover se trekstang vas. Eers toe kry ek die galjoen uit die see gesleep. Hy ploeg deur die sand en maak ‘n sloot so groot soos ‘n sytak van die Gouritsrivier. “Ou maat, toe ek die vis by Irvin en Johnson wil weeg, toe kan die skaal hom nie trek nie. Hulle neem toe ‘n foto van die galjoen. Die foto weeg 15kg. En sê my, waar was jy vandag?” voeg Hengelaar Een as ‘n nagedagte by.

“Nee”, kla Hengelaar Twee, “hy’t sommer op die houtkaai in Mosselbaai gaan hengel.
“Niks wou byt nie. Net ‘n paar gorries en blaasoppies. Maar meteens was daar ‘n ding by my lyn. Die ding trek swaar uit. Toe ek hom nader trek, steek daar twee handvatsels van ‘n motorfiets uit. Ek het ‘n Harley-Davidson aan die voorwiel gehaak.
“Man, ek maak toe die ou motorfiets daar op die hawe staan. Die ding was vol mossels en oesters en van die rooiaas begroei. Ek haal toe my Joseph Rodgers-knipmes uit en begin oesters eet, sommer hier van die agterste nommerplaat af.
“Toe ek so halfpad geëet het, sien ek dat dit ‘n CG-registrasienommer is. Van Oudtshoorn en natuurlik wie weet hoe in die see ingefoeter. Toe ek die saalsak oopmaak, kry ek daar nog ‘n pak vis en tjips wat versteen het en ‘n halfbottel White Horse-whiskey. Die horse lyk toe al soos ‘n seeperdjie. In die ander sak kry ek ‘n pak Uiltjie-sigare. Die uitjie lyk al nes ‘n seevoël. Die voorlig se lampglas was vol seewater met ‘n paddavissie wat daarin swem.”

“Nou probeer ek die motorfiets start. Met die vierde trap toe vat hy. Die rook draai en dit stink soos by Saldanha se visfabriek. Agter by die exhaust kom stukkies kreef, mossels en krap uit. Hier by die ketting kom’n seekat uitgesukkel met agt kleintjies – een onder elke poot – besig om hulle te borsvoed. Toe skakel ek die Harley se ligte aan. En wee’ jy, dis toe nog op ‘bright’.”

“Wag, wag,” sê die eerste hengelaar, “ek glo van die motorfiets en dat hy gevat het, maar daai ligte wat brand, aikôna!”
“Goed,” sê die tweede hengelaar, “maak jy jou galjoen kleiner, dan skakel ek die Harley se ligte af.”

- Huisgenoot se Lag- en Liegstories

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.