Die hand in die pampoen

2018-05-17 06:01

AS jong kind het my ouma graag vertel hoe hulle in Koffiefontein se wêreld gemaak het met plunderende bobbejane. ’n Uitgeholde pampoen is op die land neergesit, met genoeg pampoenpitte daarin om dit vir die bobbejane aanloklik te maak.

Die bobbejaan het dan sy hand in die pampoen gesit en probeer om dit uit te trek. Hy het egter nie die pampoenpitte laat los nie en dan op die land met die pampoen bly sit. So het die boer dan sy doodskoot ingekry. Hierdie verhaaltjie sluit aan by Jesus se ontmoeting met ’n ryk jongman.

In Matteus 19:16-30 word vertel van hierdie ontmoeting. Hierdie jongman wou graag met Jesus vriende maak en stel skynbaar belang in sake van die ewigheid. Sy hand is egter in die pampoen vasgevang want sy besittings was baie en hy kon nie sy greep daarop laat los nie. Hy vra nie net in die eerste plek vir Jesus hoe om in die hemel te kom nie, maar hoe om onder God se koningskap en heerskappy te leef.

Dit was ’n redelik algemene vraag van die dag. Jesus erken dat hierdie man nogal ’n mooi rekord van saamleef met sy medemens gehad het. Die man was godsdienstig, maar dit was juis Sy probleem. Hy het die gebooie slaafs nagevolg, maar nie die God wat dit beveel het nie.

Hy het een ding kortgekom, wat Hom verhinder het om ’n volgeling van Jesus te word, oorgawe aan Jesus. Sy besittings, sy goed, sy goeie naam, het sy god geword. Hy was nie meer vry nie. Dit wat hom vasgehou het, sou uiteindelik sy siel vernietig.

Daarom ontvang hy en ander met dieselfde probleem as wat hy gehad het, opdrag om alles prys te gee en vry te word. Dit beteken nie dat alle volgelinge van Jesus alles moet verkoop wat hulle het nie. Die vraag is net wat daar in jou lewe is wat jou weghou van ’n reddende verhouding met Jesus Christus? Wat is die “spesifieke pampoen” wat jou verhinder om Jesus te volg? Jou goeie naam, jou trots, jou selfsug, jou goeie werke, jou godsdienstigheid, jou besittings? Jy sal “moet laat los,” om vry te word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.