Die hardheid van ons harte

2018-05-10 06:01

WANNEER mense se harte eenmaal verhard het, is dit menslik moeilik om hulle tot ander oortuigings te bring. Veral as dit kom by sensitiewe sake soos huweliksonmin en egskeiding. In Jesus se tyd was die hele saak van egskeiding ’n kontroversiële saak, nes vandag.

Volgens Statistiek Suid-Afrika se syfers van 2015 is daar 25 000 egskeidings aangemeld, waarvan meer as die helfte gesinne met kinders jonger as 18 jaar ingesluit het. In Jesus se tyd was daar nie ’n goeie siening oor egskeiding nie.

Jy kon jou vrou skei as sy haar sogenaamde huishoudelike pligte nie nagekom het nie. Jesus het hierteenoor ’n baie sterk standpunt oor die huwelik gehandhaaf. Slegs in die geval van owerspel sou ’n huwelik ontbind kon word.

Jesus gryp in sy gesprek met die Fariseërs oor die huwelik in Matteus 19:1-15, terug na God se oorspronklike bedoeling met die huwelik. Die huwelik is een van die maniere waarop die mens God se verteenwoordig in die wêreld.

Die huwelik van gelowiges veral, is ’n venster waardeur mense iets van God se genade herken. Die huwelik gaan dus in die eerste plek nie om seksuele bevrediging nie, al is dit ’n belangrike deel van die huwelik. Dit gaan nie om die oorheersing van een oor die ander nie, maar dat huweliksmaats mekaar sal aanvul en dien. Dit gaan oor twee harte, twee lewens wat saamkom en getuienis lewer van God se genadewerk in hul lewens.

Die hartseer is dat die bose juis hier, ’n wig indryf tussen mense.

Getroudes raak emosioneel of fisies by ’n ander perswoon betrokke en verraai so hul eerste liefde. Daar is egter ook gevalle waar een party die ander emosioneel en fisies aanrand. Dan is die laaste uitweg om te skei, maar eers moet alle weë ondersoek word om die huwelik te herstel.

Daar is veelvuldige redes vir egskeiding en verharde harte by mense. Kom ons gooi nie klippe na mense wat deur sulke trauma soos ’n egskeiding is nie. Gesien in die lig van Jesus se liefdestrou aan jou as Sy volgeling, hoe sien jou huwelik as Christengelowige daarúít?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.