Die Herfs-kommandowurm – ‘n nuwe pes in SA

2017-02-16 06:01
Die verwoestende Herfs-kommandowurm. Fotos: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VANDEESWEEK se onderwerp vir hierdie rubriek het niks regstreeks met die Hibiskuskus te doen nie, maar indien hierdie potensiële gevaarsituasie nie baie vinnig en doeltreffend gehanteer word nie, sal die gevolge tot by ons uitkring. So drie weke gelede het dit bekend geword dat die uitheemse Herfs-kommandowurm, oftewel die ‘fall army worm’ in Amerikaanse Engels, skielik in Suid-Afrika ontdek is, en reeds groot skade aanrig.

Sedertdien was daar in verskeie publikasies en op die internet nuwe inligting oor hierdie gevaarlike verwoester van oeste. Dis duidelik dat die landbou-sektor, en die regering, hier met ‘n moontlike toekomstige ramp te doen het indien daar nie vinnig en doeltreffend opgetree word nie. Die publikasie ProAgri bestempel die wurm as die gevaarlikste pes nóg, ‘n ‘ernstige monster’ wat reeds in Limpopo, Gauteng, die Vrystaat en Wes-Kaapland opgemerk is, en sê tot nou toe kon boere die verspreiding nie keer nie. ProAgri berig Jan Hendrik Venter, die wetenskaplike bestuurder by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Plant-gesondheidsdepartement, het verklaar ‘ons weet nie presies hoe die wurm in Afrika optree nie, maar dit blyk dat die volwassenes hulle eiers op die mielies lê waar die larwes dan ontwikkel. Indien mense hulle nie doodmaak nie, ontwikkel hulle in volwasse motte, wat weer eiers lê.’

Die groot probleem is dat die gebruiklike plaagdoder, piretroïed, nie die wurm vankant maak nie. Die gewone Afrika-kommandowurm was in die verlede ‘n probleem, maar die Herfs-kommandowurm is veel skadeliker. Pro-Agri berig daar is wel geregistreerde plaagdoders vir die Afrika-kommandowurm, maar niks is nog geregistreer vir die Herfs-kommandowurm nie, omdat dit nog nooit voorheen in Suid-Afrika was nie. Die Herfs-kommandowurm vreet net mielies. Die motte van hierdie wurms is goeie vlieërs, daarom kan windstrome ‘n groot rol speel om hulle oor groot afstande te versprei. Omdat die wurm nuut is, weet niemand watter langtermyneffekte hy kan uitoefen nie. ProAgri meen dit kan ‘n migrasieproses wees wat verwant is aan die Afrika-kommandowurm, en kan in groot getalle van een gebied na ‘n ander beweeg en ernstige skade aanrig.

Die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, het vroeg in Februarie op ‘n media-konferensie verklaar Suid-Afrika het die vermoë om die plaag te bestry, en dis nie nodig om paniekerig te raak nie. Die Departement van Landbou het vandeesweek in Zimbabwe deelgeneem aan ‘n noodvergadering van die Verenigde Volke se Voedsel- en Landbou-organisasie waar planne gesmee is om die stryd teen hierdie wurm in Suider-Afrika te koördineer. Die uitslag van hierdie beredenerings is nog nie bekend nie. Feit is, die Herfs-kommandoworum het in die onlangse tyd mielie-oeste in Zimbabwe, Zambië, Mosambiek, Namibië en Malawi erg verniel.

Vida Booysen van Beeld het verlede week berig Minister Zokwana het beklemtoon sy departement is baie besorg oor die moontlike gevolge op boerdery-bedrywighede, en alles wat moontlik is, word gedoen om die impak te minimiseer. Die land se amptelike noodplan teen invalle deur bedreigende peste is reeds in werking gestel, en ‘n bewustheidsveldtog sal ook na alle provinsies uitgebrei word. Hy het bevestig daar is geen plaagdoder geregistreer wat teen die Herfs-kommandowurm gebruik kan word nie, omdat dit nog nie vantevore in Suid-Afrika was nie. Nood-registrasie van landbou-chemikalieë wat teen die nuwe pes gebruik kan word, word nou gedoen.

Die Herfs-kommandowurm het sy oorsprong in die Amerikas waar dit verwoestende skade veroorsaak het, en het stelselmatig na ander wêrelddele versprei. Kom ons hoop Suid-Afrika se landbou vind gou ‘n teenvoeter vir hierdie nuwe pes. Anders het boere nog ‘n oorlewingstryd om te stry.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 
5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.