Die Kersliggies skyn reeds

2015-11-19 06:00

STILTETYD


Inderdaad. Die Kersliggies skyn al in die winkelsentrums hier aan die Suidkus. Kom koop! Gratis krediet. ‘n Bekende advertensie se woorde lui so: “Wanneer laas het jy gehoor dat iemand sê: Minder!” Nooit? Nou kom en koop dan ons produk. Ons bied jou altyd meer. Hoekom wag as jy nou reeds alles kan kry? Ons kan amper alles koop met feitlik geen deposito nie ... Die vraag is : “Is dit ware lewe?” Beteken dit dat ons nou tevrede is? Nee. Daar is altyd ‘n groter huis, kar, TV ... Ons jaag hier droom na en vind uit dat ons nooit tevrede kan wees nie.

Ons bly voortdurend op soek na die een ding wat ons tevrede sal stel. Hierdie verbruikerskultuur belemmer ons verhouding met Christus. Jesus word ‘n verbruikersitem wat ons verbruik; Hy is nie meer die Koning wat regeer nie. Ons probeer Jesus.

Vir ses maande is ons tevrede, maar dan is ons nie meer tevrede nie en ons soek iets beter. Ons besef nie meer die blywende waarde van Jesus nie. Die grootste risiko van hierdie verbruikersmentaliteit is dat ons kry wat ons wil hê. Moet ons nie party van ons goeters los en soos die sterrekykers uit die Ooste weer pelgrims word nie? Moet ons nie van ons gemak agterlaat en weer getuig en aanbid nie?

Mag hierdie Kersfees om meer gaan as net liggies en helderkleurige geskenkpapier. Mag elke geskenk wat ons oopmaak ons herinner aan die Groot Geskenk wat God aan hierdie wêreld kom uitdeel het: die nuwe lewe in Christus, wat mense met omgee en deernis na ander laat uitreik. Mag ons die wonderlike liefde van God vir die wêreld uitleef deur praktiese liefdesdade. Mag die vreugde van die Kersseisoen regtig vir ons herinner dat Kersfees gaan om gee en nie net ontvang nie.

Mag die dorstiges water kry en die hongeres kos kry hierdie Kersfees. Mag Kersfees ons opnuut herinner dat dit gaan om watter waarde ek tot die lewe kan toevoeg. Mag dit daarom ‘n geseënde Kersfees wees hier langs die Suidkus. Dis immers saliger om te gee as om te ontvang, was God se geskenk aan hierdie wêreld, Jesus Christus se woorde, en Hy het dit prakties kom demonstreer. Gaan en doen jy ook so!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.