Die laaste sal eerste wees

2018-05-24 06:00

VOOR die koms van vakbonde was dit baie makliker om werkers uit te buit. Vakbonde het egter so magtig geword dat die besighede swaar trek onder hulle eise. In plaas daarvan dat daar ewewig is tussen die regte van werkers en werkgewers, swaai die skaal soms te veel na die een kant toe, tot nadeel van een van die partye. Die ideaal is dat daar ’n wen-wen situasie behoort te wees van geen en neem, gegrond op billikheid en regverdigheid.

Die gelykenis van die arbeiders wat gelyk betaal is al het sommige minder werk gedoen, sou dalk die vakbonde van vandag dwars in die krop gesteek het. Selfs die werkgewers sou dalk dit moeilik gevind het om iemand wat heeldag gewerk het en iemand wat net ’n uur gewerk het, dieselfde te betaal. Tog is dit skynbaar waarop dit neerkom in die gelykenis wat Jesus in Matteus 20:1-16 vertel.

Dit gaan egter in die gelykenis nie om arbeidsake nie. Jesus gee ons in die gelykenis insae in hoe God se hart werk. Daar is mense wat dink dat God hulle behoort te beloon vir hul opoffering in Sy diens.

So was daar die man wat sy invalide vrou vir 30 jaar opgepas het. Toe die predikant vir hom noem dat dit ’n edel daad is, maar dat almal eendag deur God gelyk behandel sal word, was hy baie kwaad. Hy het darem gedink dat hy beter behandel sal word vir sy opoffering, byna nes Petrus hulle gedink het in Matteus 19.

In God se oë is daar egter nie groter of kleiner Christene nie. Almal is voor Hom gelyk. God se ekonomie werk op die beginsel van genade, onverdiende guns alleen. Die Christen se beloning is die vreugde om diensbaar aan God en ander te wees.

Daarom sal die laastes eerste wees en die eerstes laaste. Mense op wie ons nou neersien, sal ons voorgaan in God se nuwe wêreld.

Dit is die paradoks van die Christelike lewe. Hy wat werk vir loon in God se nuwe wêreld sal skade lei. Hy wat dien uit liefde, sal verbaas wees as hy beloon word eendag. Waar pas jy in?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.