Die land (en die Suidkus) hou asem op: Wie gaan die naweek wen?

2017-12-21 06:00
FOTO: BusinessliveDie twee teenstanders in die ANC se presidensiële wedloop sal teen die naweek nie meer so vriendelik met mekaar wees nie.

FOTO: BusinessliveDie twee teenstanders in die ANC se presidensiële wedloop sal teen die naweek nie meer so vriendelik met mekaar wees nie.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE fokus van die hele land sal van Saterdag af vir vier dae gevestig wees op een van die belangrikste politieke gebeure in Suid-Afrika se onlangse geskiedenis, naamlik die ANC se presidensiële verkiesingsvergadering by Nasrec in Gauteng. Wie ookal van Cyril Ramaphosa of Nkosazama Dhlamini-Zuma aangewys word as die president van die ANC, sal die party se presidentskandidaat in die algemene verkiesing in 2019 wees.

Die uitslag van hierdie vergadering gaan lotsbepalend wees, nie net vir die land nie, maar vir verskeie prominente politici, staats-amptenare en selfs sakemense, ook hier by ons.

Weens die kritieke belangrikheid van die uitslag, is die twee kandidate se ondersteuningsnetwerke lankal reeds besig om alles in die stryd te werp om ‘n oorwinning te verseker.

Toe hierdie rubriek geskryf is, was daar nog enkele uitstaande sake wat ‘n invloed op die gebeure kon uitoefen, soos hangende hofsaak-uitsprake, en baie kan nog gebeur tussen nou en publikasiedag.

Hoewel Ramaphosa die meeste tak-nominasies gekry het, en selfs bo-verwagting goed in verskeie provinsies, veral in KwaZulu-Natal, gevaar het, is dit glad nie ‘n uitgemaakte saak dat hy gaan wen nie.

Melanie Verwoerd, ‘n oud-ANC-parlementslid, ambassadeur en nou politieke ontleder, wat die party se binnewerkinge uiteraard baie goed ken, sal nie verbaas wees as Dlamini-Zuma wen nie.

Sy wys daarop dat die taknominasies nie ‘n akkurate refleksie is van hoeveel stemgeregtigde afgevaardigdes by die konferensie sal opdaag nie. Sommige takke het baie afgevaardigdes.

Elke tak het een afgevaardigde per 100 “opbetaalde” lede. Vir elke 250 ekstra lede, kry die takke een ekstra afgevaardigde. Dit kan ‘n groot invloed op die uiteindelike uitslag hê. Tien persent van die totale stemme sal kom van die Nasionale en Provinsiale Uitvoerende komitees, ook die Vroue- en Jeugligas, wat volgens Verwoerd in Dlamini-Zuma se guns sal tel.

‘n Belangrike punt is die sg. “eenheid”-faktor van Mpumalanga waar taklede nie vir ‘n kandidaat gestem het nie, maar bloot unity op die stembrief geskryf het. Vir wie gaan hulle stem? Niemand weet of kandidate die mandaat wat hulle het, sal uitvoer, en of hulle dalk volgens hul gewetes gaan stem nie.

In die aanloop tot die konferensie is dit ook belangrik hoe die afgevaardigdes beïnvloed word, hoe die partye seker maak die “regte” kandidate gaan konferensie toe, hoe hulle akkreditasie verseker, en hoe omkopery en ander onderduimse taktiek uitgeoefen of verhoed word. Pro-Ramaphosa-woordvoerders hier aan die Suidkus (die ANC-hier is oorwegend Ramaphosa-gesind) sê een van hul groot vrese is dat die “bruin koeverte vol note” van die verlede weer hul verskyning gaan maak.

Die Ramaphosa-mense wys daarop die Zuma-kamp kan dit nie kan bekostig om hierdie verkiesing te verloor nie. Indien Ramaphosa wen, bevind Zuma hom in dieselfde posisie as Thabo Mbeki in 2012, weerloos indien die inkomende ANC-leier hom wil “herroep” voor die verkiesing van 2019.

Die Ramaphosa-kamp baklei vir poste, maar die Zuma-kamp vir politieke oorlewing en behoud van toegang tot die staatskas. Die “Gupta-staatskaping” het die afgelope tyd soveel opslae gemaak, en soveel inligting is reeds bekend van hoe die Zuma-"kabaal” ‘n feitlik paralelle regeringstuktuur beheer, dat ‘n nederlaag vir hulle die politieke doodsklok gaan lui, en van hulle in die tronk gaan laat beland.

Dalk nie onmiddellik nie, afhangend van omstandighede, maar dat hulle in groot moeilikheid sal wees, is ‘n feit. Indien Dlamini-Zuma wen, word verwag sy sal verseker Jacob Zuma dien sy termyn as president van Suid-Afrika uit tot in 2019.

Dalk amnestie verleen teen vervolging? Wat sy aan die Gupta-greep en korrupsie-fees gaan doen, indien enigiets, weet nugter. Sal sy bloot voortgaan asof niks gebeur het nie en anderpad kyk? Dalk verras sy haar kritici en tree sterk op? Ook teen haar eks-man?

Hierdie rubriek het nie genoeg plek sodat die verskillende moontlike kombinasies van ANC-topposte bespreek kan word nie, maar die meerderheid Ramaphosa-ondersteuners meen die aanwysing van Naledi Pandor as sy adjunk, is ‘n perfekte kombinasie.

Die groot vraag in ANC-kringe is hoe Ramaphosa die situasie gaan hanteer indien hy wen. Zuma onmiddellik onthef as president van die land soos met Mbeki gebeur het?

En wat van Zuma se formidabele ondersteuningsgroep in die staatsdiens en party-strukture? Gaan die ANC dalk skeur? Of die verkiesing van 2019 verloor?

Invoedryke ANC-mense hier aan die Suidkus het aan die uwe gesê hulle is Ramaphosa-ondersteuners omdat Suid-Afrika se mense desperaat hoop hy wen. Hul boodskap is “sê nee vir korrupsie en staatskaping. Sê ja vir dienslewering en ‘n beter lewe vir almal.” Die plaaslike Ramaphosa-ondersteuners besef ook indien Dlamini-Zuma wen, hulle waarskynik ‘n wraakteiken van die provinsale leierskap sal wees.

Dis ook ‘n agemeen-bekende feit dat die oorgrote meerderheid nie-ANC-mense dwarsdeur Suid-Afrika se hoop op Ramaphosa is. Is die Zumagroep is so desperaat dat hulle absoluut niks sal ontsien om te wen nie? Teen die naweek sal ons weet.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.