Die motorbedryf: Word ons op groot skaal verneuk?

2018-08-30 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

RONDOM ‘n braaivleisvuur verlede week toe die gesprekke oor die gemors waarin ons land hom bevind, verskillende rugby-onderwerpe en skinder soos Markus Jooste se skelmpie opgeraak het, het iemand vertel van sy ondervinding met duur motor-onderdele. Dit het ‘n nuwe diskoers aan die gang gesit wat die uwe laat besef het dis inderwaarheid ‘n baie algemene en ernstige probleem, enersyds weens ‘n onlangse persoonlike ervaring, en andersyds insig in ‘n insiggewende verslag op ‘n bekende nuus-webwerf.

Dit het in die verlede verskeie kere gebeur dat lede van ons gesin buitensporige pryse vir onderdele moes betaal omdat daar geen ander uitweg was nie. Een van ons seuns se motors, waarvan die versekering verval het sonder dat hy dit besef het, is ernstig beskadig in ‘n botsing met ‘n bok. Die totale herstelkoste was net meer as R26 000, en die grootste persentasie van hierdie bedrag was nie vir die paneelklopper se werk nie, maar vir die onderdele wat net van die vervaardiger verkry kon word, teen astronomiese pryse. Die lig-eenheid voor se koste alleen was net meer as R8 000. Die verkoeler R6 000. Die sierrooster, klein en lig, was R2 500. Verskeie ander kleiner onderdele was ook peperduur. Die paneelklopper het verduidelik hy het geen keuse as om hierdie onderdele te gebruik nie, want dit is net by die agente verkrygbaar. Sy arbeidskoste was ‘n klein persentasie van die totale bedrag.

Die jongste voorbeeld redelik onlangs, toe vier van dieselfde motor se induksieklosse, algemeen bekend as ‘coils’, vervang moes word.

Die werktuigkundige het laat weet die vervaardiger se prys is R1,100 elk, maar hy sal kyk wat hy kan doen. Later hy daarin geslaag om presies dieselfde items van dieselfde gehalte, maar wat algemeen bekend is as roof (pirate)-onderdele, elders te kry teen R450 stuk. Ek het hierdie ervaring tydens ons braaivleisgesprek genoem, en was verstom oor hoeveel ander mense dieselfde oorgekom het. Daarbenewens sien ek verlede week ‘n insiggewende berig in ‘Wheels 24’ oor dieselfde onderwerp, met die opskrif ‘We are being ripped off – readers respond to car part prices in South Africa.’

‘n Organisasie met die naam ‘Right to Repair SA’ is op die oomblik besig met ‘n veldtog om wetgewing aanvaar te kry wat motor-eienaars die reg gee om te besluit waar hulle hul voertuie wil laat herstel. Die groep se hoofbeswaar is dat die bekende motorvervaardigers motoriste dwing om hul duur onderdele te koop, indien nie met ooreenkomste nie, deur ‘n gestandaardiseerde sagteware-platform wat onderdele-bestuurders en hul personeel dwing om hul pligte volgens ‘n voorafbepaalde proses uit te voer.

Die organisasie meen wanneer ‘n motor se waarborgperiode verby is, moet die klant kan besluit op onderdele van dieselfde gehalte of selfs beter, maar wat goedkoper en elders beskikbaar is. Die organisasie sê dis ‘n bekende feit dat die oorgrote meerderheid ‘pirate parts’ presies dieselfde artikel is as die vervaardiger s’n, maar net baie goedkoper.

Wheels 24 se berig verskaf voorbeelde van lesers se ervarings met motor-onderdele. Een het ‘n spruitstuk-voering, die woordeboekwoord vir ‘manifold gasket’, benodig. Verskeie onderdelewinkels het hom laat verstaan dis net by die agente beskikbaar. Die prys was R555. Terug by ‘n onderdele-winkel het ‘n personeellid gesê ‘nonsens man, jou motor se enjin is dieselfde as hierdie vervaardiger s’n’, en hom die identiese item teen R20 verkoop. ‘

n Ander leser het laat weet hy voer gebruikte egte onderdele vir sy Duitse motor uit China in, en die hele proses kos hom ‘n fraksie van die nuwe onderdele in Suid-Afrika.

Nog een het twee solenoïdes gesoek, en onderdele-winkels hom na die handelaar verwys. Daar is hy meegedeel hulle kos R3 400. Hy het sy soektog verskerp, en uiteindelik dieselfde twee gebruikte onderdele, feitlik nuut, gekry teen R650.

Die vraag is nou hoe groot die uitwerking van hierdie buitensporige pryse is op die koste van ongeluk-herstelwerk. Dit moet enorm wees, en beteken dat die vervaardigers veral buitensporige winste maak uit werk wat vir versekeraars gedoen word, wat uiteraard ‘n groot invloed het op die premies van die motoris.

En dan praat ons nog nie van bakpanele, deure en modderskerms met minimale skade nie wat eenvoudig ten duurste vervang word pleks daarvan om, soos in die verlede, dit deur vakmanne te laat herstel. Paneelkloppers is lankal reeds die verkeerde naam vir hierdie motorherstelplekke, maar dis ‘n ander gesprek. Netsoos ‘n gesprek oor die astronomiese geld wat banke uit motorfinansiering maak.

Die feit is, die motorbedryf ‘melk’ ons. Wanneer jy ‘n motor koop, met ‘n onderhoudsplan en waarborg ingesluit, is jy ‘gedek’ vir ‘n aantal jare. Wat baie mense vergeet, die koste hiervan is ingesluit in die prys van die motor, waarop jy boonop rente aan die bank betaal indien jy nie kontant koop nie. Wanneer die waarborgtyd verstryk, of wanneer jy ‘n gebruikte motor sonder waarborg koop, begin jou probleme. Dan is jy uitgelewer aan die bogenoemde ‘rip-offs’.

Kom ons hoop ‘Right to Repair SA’ slaag met sy veldtog. Die uwe het egter nie veel hoop dat dit sal gebeur nie. Daarvoor is die motorbedryf te magtig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.