Die padwoede-monster: Skuil hy in elkeen van ons?

2018-09-13 06:00
FOTO: VERSKAFDis hoe ons ander motoriste sien. Maar is dit nie dalk ‘n spieëlbeeld van onsself nie?

FOTO: VERSKAFDis hoe ons ander motoriste sien. Maar is dit nie dalk ‘n spieëlbeeld van onsself nie?

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PADWOEDE en aggressiewe gedrag op ons paaie het reeds so alledaags geword dat dit ‘n buitengewone insident kos om ons opnuut te laat besef dat onverdraagsaamheid, veral wanneer ons voertuie bestuur, soos ‘n siekte in ons gedrag is.

‘n Insident by ‘n supermark in Shelly Beach het my dit opnuut laat besef. Ek het regs by ‘n oop parkeerplek ingedraai en is amper uit die aarde uit gery deur ‘n man in ‘n groot dubbelkajuitbakkie wat van die ander kan af, baie vinnig, wou kom parkeer op die plek waar ek pas ingedraai het. Gelukkig het hy my betyds gesien, en met die voorste kwart van sy bakkie in my parkeerplek, feitlik teen my motor tot stilstand gekom. Hy het begin skel en vloek en my gewys ek moet padgee want hy was eerste daar. Hoe hy dit uitgewerk het, weet nugter, want hy het van die ander kant deur ‘n oop parkeerplek gekom, terwyl ek reeds halfpad in die parkeerplek was. Ek het net bly staan, en hy moes al swetsend en handeswaaiend in trurat terugbeweeg totdat sy voertuig gepas het in die parkeerplek waar hy aanvanklik ingedraai het. Toe ek die verleentheid op sy vrou se gesig sien, het ek besef iets anders moes seker vroeër gebeur het om hom so de duiwel in te maak. Eers toe hy by my motor verby supermark toe loop, steeds al swetsend, het die woede in my begin opstoot. Gelukkig het sy vrou hom vinnig berispe en weggelei toe sy sien ek klim uit my motor.

Insidente soos hierdie is alledaags in Suid-Afrika, ook elders op aarde. In baie lande meer dikwels, en baie ernstiger, somtyds met erge beserings en self lewensverlies. Lyk my Rusland is een van die lande met die meeste padwoede, en motoriste skroom nie om selfs op snelweë in vuisgevegte betrokke te raak nie. In Amerika word sowat 2 000 voorvalle van ernstige padwoede-gevalle jaarliks aangemeld, en in verskeie van hulle is daar ernstige beserings en sterftes. Die Amerikaners het in studies bevind dat die gemiddelde ouderdom van ‘n padwoedemens 33 jaar oud is, en dat 96% van hulle manlik is.

Toetse het ook bewys padwoede kan afhang van die soort persoonlikheid van die bestuurder, en of hy spanning in die normale lewe goed kan hanteer. Indien hy maklik kwaad word in sy gesins- of werk-omgewing, sal hy hom op paaie maklik vererg vir iemand anders wat volgens hom ‘n fout maak, en begin skel en handtekens wys. Selfs so na as moontlik aan die bestuurder ry om hom te intimideer, en indien daardie bestuurder stilhou, uitspring, reg vir ‘n geveg.

In sommige lande is daar ‘n verskil tussen padwoede en ‘aggressiewe gedrag’. Maar dit wissel van land tot land. In Nieu-Suid-Wallis in Australië word padwoede as baie ernstig beskou, en kan oortreders tot 5 jaar lank tronk toe gestuur word. In Duitsland word motoriste wat op ander skreeu of handtekens gebruik, beboet of selfs tronk toe gestuur word, afhangend van die erns van die voorval. In Singapoer is padwoede ‘n kriminele oortreding, en in Brittanje word swaar strawwe opgelê.

Hier in Suid-Afrika het Arrive Alive onlangs berig gevalle het oor die afgelope paar jaar drasties toegeneem, en dit word ook gewelddadiger. Onlangs is ‘n man in Pietermaritzburg doodgeskiet in ‘n padwoede-voorval. Verlede jaar was daar verskeie sulke voorvalle oral in die land. In 2016 is ‘n man sewe jaar tronk toe gestuur omdat hy ‘n vrou in ‘n argument oor ‘n parkeerplek omgery het. News 24 het onlangs ‘n sielkundige, dr. Jacques van Zyl, aangehaal wat daarop gewys het dat padwoede kan wissel van ligte gevalle van woede wat gou verbygaan, tot fisiese aanvalle en selfs ernstige beserings of dood. ‘’n Dieper ontleding van padwoede toon dat dit ‘n buitengewoon ernstige emosie is wat oor ‘n tydperk opgebou het maar onderdruk is, totdat die ‘sneller’ in ‘n insident op die pad getrek word.” Dr. Van Zyl het motoriste gewaarsku ( omdat ‘n mens nooit weet wat die emosionele toestand van die mense in die ander motor is nie ), om deurentyd selfbeheersing toe te pas en aggressiewe insidente tot elke prys te vermy. Ander sielkundiges meen padwoede het dikwels baie min met die verkeer te doen. Dis iets wat gebeur na ‘n argument met jou baas of vrou, of enige ander negatiewe gebeurtenis wat jou bloeddruk opgejaag het. Die goue reël is, beteuel jouself, en maak doodseker dat jy nie deur die manier waarop jy bestuur, ander motoriste kwaad maak nie. Ons almal weet hoe moeilik dit is, veral met die padgedrag van Suid-Afrika se minibus-taxibestuurders. Vir die uwe is dit feitlik onmoontlik om nie smoorkwaad te word wanneer van hierdie manne maak asof beskaafde padreëls nie bestaan nie.

Iets wat in my geheue vassteek is wat die popster Michael Jackson, van alle mense, gesê het toe ‘n onderhoudvoerder hom gevra het hoe padwoede-voorvalle

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.