Die regte klere

2018-07-12 06:01

Onlangs is daar ’n groot gedoe gemaak van prins Harry en Meghan van Brittanje se troue. Dit was opvallend hoe mense aangetrek was volgens die reëls wat die protokol vereis het. Matteus 22:1-14 gaan op die oog af oor ’n groot partytjie, ’n bruilofsfees waar almal welkom in, m.a.w die idee van ’n inklusiewe God word verkondig.

Almal is mos welkom by God, word vandag geleer. Ons moet tog nie vir mense aanstoot gee nie.

Die werklikheid is dat in dieselfde asem gepraat word van mense wat uitgesluit word uit die groot Koning se partytjie, oftewel die bruilofsfees.

Die Bybel sluit ook mense uit God se nuwe wêreld uit. Bedrieërs, onsedelikes moordenaars en afgodsdienaars sal eenmaal uitgesluit word uit God se nuwe wêreld. (Openbaring 22:15)

Jesus sinspeel op die wat hulself uitsluit uit God se nuwe wêreld op Israel, wat na die hemelse partytjie van God se Seun toe uitgenooi was. Israel was soos gaste wat uitgenooi was na die bruilofsfees van Jesus Christus.

Toe Jesus egter op die toneel verskyn weier Israel om na die partytjie toe te kom. Toe hulle weier stuur God uitnodigingskaartjies na die sogenaamde uitvaagsels van die samelewing, ten minste dis hoe die kerkleiers hulle gesien het.

Die uitvaagsels neem die uitnodiging aan. God laat hulle by die gedekte tafels aansit.

Hier sien ons iets van God se inklusiwiteit en eksklusiwiteit.

God se hart is oop vir die wat in opstand teen Hom leef, die onsedelikes, bedrieërs, gierigaards, onreines, ensomeer.

Die ding is net, jy kan nie bly soos jy is nie. Wanneer jy jou aan Christus Jesus verbind in antwoord op Sy roepstem, word jy met Hom beklee. Jy dra as’t ware Sy klere en neem Sy karakter aan. Jesus verander jou lewe ten goede. Jy kan nie bly soos jy is nie.

Wie nie verander nie, het duidelik nie die bruilofskleed van die Koning ontvang nie. Iemand wat na die bruilofsfees van die Seun van God genooi is, sal die regte klere aanhê. Die regte klere behels ’n lewe van reg doen.

As jy nie reg doen nie, loop jy God se oordeel tegemoet. Is jy reg aangetrek vir God se bruilofsfees?

Bewys dit deur jou voorbeeldige lewe.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.