Die Sardiens: Gaan ons vanjaar ‘n buitengewone seisoen hê?

2018-06-28 06:02
FOTO: verskafIndien die regte resep gevolg word, is sardiens baie smaaklik.

FOTO: verskafIndien die regte resep gevolg word, is sardiens baie smaaklik.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE groot vraag op Suidkus-inwoners ( en potensiële besoekers ) se lippe is: Gaan ons vanjaar uiteindelik ‘n sardienseisoen soos in die verlede beleef? Toe hierdie berig geskryf is, was daar groot optimisme dat vanjaar beter gaan wees as vorige jare, op verskeie strande het groot getalle sardiens uitgespoel.

Die provinsie se Haairaad het, soos gebruiklik wanneer daar sardiens is, nette en veiligheidstoerusting verwyder. Die hoofrede waarom die raad die nette moet verwyder wanneer die sardiens opdaag, is om te verhoed dat die haaie wat die klein vissies jaag daarin verstrengel raak. Die verwydering van die nette is uiters noodsaaklik, soos die volgende syfers toon: Tussen 1978 en 1987 is gemiddeld 356 haaie per jaar in die nette suid van Durban vasgevang. In die dekade 1988-1997 het hierdie getal gedaal tot ‘n gemiddeld van 228, en in die volgende tien jaar tot 50. Dit het sedertdien verder afgeneem, maar die syfer is nog nie bekend nie. Die nadeel is egter dat daar nie beskerming vir die baaiers is nie, en sommige strande verbied dan enigiemand om die see binne te gaan. Van die strande volg egter ‘n beleid van ‘diskresionêre baaiery’, en rig kennisgewings op wat aandui dat die haainette verwyder is, maar dat mense self kan beslit of hulle die risiko wil loop.

Hopelik was daar reeds groot sardienvangste wanneer hierdie berig gepubliseer word, en indien nie, in die nabye toekoms. Dit bly een van die groot ervarings van die Suidkus wanneer dit wel gebeur. Die negatiewe sy is egter dat beroepsvissermanne die afgelope jare mense se pret bederf het deur hulle weg te hou van die vissies af sodat hulle soveel as moontlik kon bekom. Maar wanneer ‘n mens daarin slaag om wel ‘n emmer vissies bymekaar te maak, is dit nogal ‘n ervaring. Die groot probleem is egter, indien jy nie ‘n hengelaar ken wat hulle as aas kan gebruik nie, wat doen jy dan met hulle? Die uwe het as ‘n kind in die jare toet verskeie kere met ‘n klomp sardiens gesit, en dan probeer om hulle gaar te maak. Nodeloos om te verklaar, dit was ‘n ramp, want die vissies is glad nie lekker indien jy nie weet wat jy doen en sekere stappe volg nie. Gelukkig het ‘n Indiërvrou tydens my restaurantjare ‘n resep gegee wat sy gereeld gevolg en wat die vissies in ‘n smaaklike dis omskep het. Hier is hy, indien iemand belangstel:

Bestanddele: Drie medium knoffelhuisies, fyn gemaal, sowat een dessertlepel. ‘n Kwart koppie baie goeie olyfolie, en ‘n kwart koppie vars sap van twee suurlemoene. Een teelepel gerookte of Spaanse paprika, ‘n halwe teelepel vol vars gemaalde swart peper, een ontpitte groen ‘chili’, of meer na smaak, dalk ‘n rooie, 2 kg vars sardiens, hulle moet vars wees, skoongemaak, sonder binnegoed met die skubbe afgeskraap, verkieslik fyn seesout, twee dessertlepels vars-gekapte pietersielie en suurlemoenskyfies vir opdiening.

Stappe: Kombineer die knoffel, olyfolie, suurlemoensap, ‘chili’ en swart peper in ‘n klein skottel en meng goed. Pak die sardiens in ‘n enkelllaag in ‘n vlak bakskottel en giet die marinade oor die vis. Draai die vissies om om te verseker dat hulle eweredig bedek word, en maak seker die marinade bereik ook die maagholte van elke vissie. Marineer vir 30 tot 60 minute. Berei ‘n goeie houtskoolvuur voor, en wanneer die kole wit is, maak seker die rooster is goed warm. ‘n Weber -braai met direkte hitte is ideaal hiervoor. Smeer die rooster met olyfolie. Plaas die vissies op die baie warm rooster sodat hulle goed en vinnig braai, vir twee tot drie minute. Draai die vissies om en braai ook tot krakerrig op die ander kant, en behoorlik gaar, vir nog sowat twee minute. Verplaas die sardiens na ‘n groot bord en gooi sout en die pietersielie oor. Bedien met die suurlemoenskyfies.

Indien verkies, kan van die marinade oor die vissies gegiet word voor die sout en pietersielie, maar die geheim is ‘n warm vuur sodat die vissies sel vel bros gebraai word.

Indien daar sardiens beskikbaar is, probeer bg. resep. Smaaklik, iets buitengewoon, en baie belangrik, uiters voedsaam.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/World
 

Meet the unstoppable two-legged cat taking over the interwebs!

She may only have two legs, but that hasn’t stopped her from gaining thousands of adoring fans!

 

Paws

10 foods you should NEVER feed your dog!
Pet owners are spending thousands on animal birthday parties! Here’s why…
WOOF Project: The pop-up dog adoption station
Just 10 cats hanging out in boxes - because they're awesome
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.