Die seilende Seekat wat mense se verbeelding aangryp

2018-07-26 06:01
PHOTO:

PHOTO:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERSKEIE kere in my lewe het die uwe besef die gewone mens is gefassineer deur ryk mense en hul speelgoed.

Voorverlede week het ek dit opnuut ervaar toe die wêreldbekende mega-seiljag, die Octopus, van Durban af naby die kus langs die KZN-suidkus Kaapstad toe gevaar het. Soos twee jaar gelede, het die nuus soos die spreekwoordelike veldbrand versprei en almal was op die uitkyk vir hierdie wêreldbekende rykman-speelding, insluitende ekself.

Ek het hom hierdie keer nie te siene gekry nie, maar talle Suidkussers het foto’s van die pragskip op die sosiale media geplaas, met toepaslike kommentaar.

Of ons dit nou wil erken of nie, wanneer hierdie simbole van mense se rykdom net so uitspattig, pronkerig of eenvoudig stylvol is in ooreenstemming met omvang van die rykdom, trek dit ons aandag, veral as van die besonderhede van hierdie simbole bekend word.

Soos die Octopus, die eiendom van een van die medestigters van Microsoft, Paul Allen.

Dit is een van die wêreld se grootste en mees herkenbare seiljagte ( ek het eltyd gedink ‘n seiljag het seile, maar dis ‘n ander storie ), en is amper 130 meter lank. Die Octopus is in 2003 deur die Duitse skeepsbouers Lürssen in Bremen teen ‘n koste van meer as R250-miljoen dollar gebou, en is in 2008 opgeknap en gemoderniseer.

Allen, wat verskeie ander seiljagte besit, gebruik die seiljag baie min vir persoonlike doeleindes, maar stel dit beskikbaar vir eksplorasieprojekte, wetenskaplike navorsings-ekspedisies en reddings-aksies. Dit is gladnie beskikbaar vir private huurvaarte nie, hoewel daar 41 luukse suites vir 26 mense, verskeie swembaddens, sportfasiliteite en selfs ‘n opname-ateljee aan boord is, wat op ‘n keer deur Mick Jagger van die Rolling Stones gebruik is.

Allen is self ‘n geesdriftige musikant.

Ander interessante syfers is: Dit kos bykans 5-miljoen rand per week om te bedryf, dit het 60 permanente personeellede, en daar is 28 kajuite net vir hulle alleen.

Die Octopus het twee helikopter-landingsplekke en verskeie ander kleiner bote en vaartuie soos waterponies aan boord, insluitend twee klein duikbote, waarvan een baie diep kan duik. Google Earth het van hierdie tuig gebruik gemaak in die ‘Ontdek die Oseane-projek’.

Dit was ook betrokke by etlike reddings- en navorsingsprojekte, insluitend die soektog na ‘n Amerikaanse vlieënier en twee offisiere wie se vliegtuig naby die eiland Palau verdwyn het, en wetenskaplikes het dit al gebruik in hul navorsing oor die ‘lewende fossiel’, die Selakant, wat almal gedink het het reeds uitgesterf.

In 2011 het die Octopus die Britse vloot gehelp in die soektog na die skeepsklok van die slagskip, die HMS Hood, wat in die Tweede Wêreld-oorlog deur die Duitsers gesink is. Die klok is gevind, maar kon weens swak weerstoestande nie voor vier jaar later herwin word nie.

In Maart 2015 het ‘n soekspan onder leiding van Allen die Japanse slagskip Musashi naby die Filippyne op die seebodem gevind. Die Musashi en die susterskip Yamato was destyds die grootste oorlogskepe in die geskiedenis.

Daar is nog baie interessante inligting oor die Octopus, te veel om hier op te noem, maar interessant genoeg is dat hy elke jaar met die Cannes-filmfees daar voor anker lê, en Allen legendariese en stylvolle partytjies aanbied vir spesiaal-uitgenooide gaste. ‘n Goeie vriend het sowat tien jaar gelede die voorreg gehad om een van hierdie partyjies by te woon as ‘n verslaggewer oor die vermaaklikheidswêreld, en hy was enersyds beindruk met Allen as mens en musikant, wat blykbaar nie ‘n pampoen met ‘n kitaar in sy hande is nie, en andersyds met die smaakvolle maar duur binneruim van die Octopus. In Allen se guns tel dat hy nie sy rykdom net op simbole soos die Octopus bestee nie, maar dat hy ‘n finantroop van formaat is en biljoene dollar se welsynswerk jaarliks finansier. Ek sal dit volgende keer probeer onthou wanneer hierdie superskip weer by KZN verbyvaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.