Die slagting op ons paaie – wie’s volgende?

2018-03-29 06:00
‘n Mens kan jou net voorstel hoe voel mense wat ‘n familielid of vriend in so ‘n ongeluk verloor het wanneer hulle die wrakstukke sien.PHOTO: VERSKAF

‘n Mens kan jou net voorstel hoe voel mense wat ‘n familielid of vriend in so ‘n ongeluk verloor het wanneer hulle die wrakstukke sien.PHOTO: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n WEEK gelede het die uwe onderweg Durban toe op die N2 gesit en dink aan minstens twee dele van hierdie snelweg tussen Port Shepstone en Hibberdene waar daar gereeld noodlottige ongelukke voorkom.

Albei hierdie dele van die pad is opdraend of afdraend, afhangend uit watter rigting jy kom, en in albei is daar een baan aan die afdraende kant van die pad, met ‘n dubbelbaan aan teenoorgestelde rigting, met ‘n ononderbroke sperstreep vir die dubbelbaan, maar stippellyne op plekke in die enkelbaan sodat voertuie kan verbysteek wanneer daar nie aankomende verkeer is nie.

Myns insiens is dit hier waar die risiko is. Motoriste in die enkelbaan vergeet dat die baan waarin hulle beweeg wanneer hulle besluit om verby te steek, eintlik ‘n tweede baan vir aankomende verkeer is, beweeg agter die voer- tuig voor hulle uit, en reg in die pad van ‘n aankomende voertuig wat hulle om die een of ander rede nie gesien het nie.

Ongelukkig is daar ‘n belangrike bykomende faktor in hierdie reeds gevaarlike deel van die snelweg, wat die risiko verder verhoog.

Haastige motoriste en bestuurders van afleweringsvoertuie steur hulle nie aan die spoedbeperkings of sperstrepe en ander padtekens nie.

Tydens hierdie einste rit Durban toe het ‘n spoggerige Jaguar met donker vensters teen minstens 170 kilometer per uur, oor ‘n sperstreep, by my verbygejaag, dieselfde met motoriste voor my gedoen, die laaste keer ‘n aankomende vragmotor rakelings gemis en in die verte verdwyn.

Wanneer ‘n mens Kokstad toe ry, en soos ons almal weet, is daar seksies van hierdie roete wat uiters gevaarlik is, veral naby Ingeli, sien jy dieselfde blatante verontagsaming van padtekens, sowel langs die pad as op die teer, met minibus-taxis voor in die koor.

Mense met kragtige motors jaag soos besetenes.

My pa het altyd gesê die wet van gemiddeldes is ‘n ongenaakbare realiteit. Dis waarom ‘n rugbyspan, wat ‘n reeks wedstryde op ‘n streep gewen het, skielik en uit die bloute uit verloor teen ‘n baie swakker span.

Of ‘n waaghals wat drie-duisend vryval-valskermspronge veilig uitvoer, op ‘n dag onverklaarbaar sterf omdat daar iewers iets fout gegaan het. Dieselfde met ons gedrag op die paaie. Indien jy aanhou om die noodlot te tart, skop die wet van gemiddeldes in en ‘n ongeluk gebeur. S

oms met mindere gevolge, en soms in gruwelike omstandighede met mense wat doodbrand.

Die tragedie is bestuurders wat die ongelukke veroorsaak, sterf nie alleen nie. Hulle neem wetsgehoorsame en versigtige bestuurders, hul passasiers en somtyds hele gesinne saam met hulle die doderyk in. Vriende en familielede van die oorledenes word in rou gelaat, met die vraag: ‘Hoe op aarde kon so iets met ons mense gebeur?’

Die realiteit is ons lees en hoor van noodlottige ongelukke, ook hier op die Suidkus, sien die name van die oorledenes, sê vir ons self ‘ai, hoe verskriklik tog, die arme mense’ of ‘wat het nou weer daar gebeur?’ Dan gaan ons aan met ons lewens.

Totdat ‘n familielid of lede, ‘n goeie vriend of vriende, of ‘n sakekennis skielik in ‘n motorongeluk sterf.

Dan word ons tot stilstand geruk. Soos met die uwe gebeur het ‘n week na bg. rit na Durban. ‘n Ugu-amptenaar wat ek dertien jaar lank geken en gereeld as joernalis mee kontak gehad het, het juis op een van die gevaarlike dele van die N2 voor Hibberdene in ‘n gru-ongeluk saam met drie ander gesterf.

Sipho Khuzwayo was alleen in sy motor, en die drie mense in die bakkie was toe hierdie berig geskryf is, nog nie uitgeken nie. Almal het verkool. ‘n Groot persoonlike skok.

Die Paasnaweek lê voor, en talle mense gaan sterf. Dis ‘n feit. Die vraag is net wie.

Dalk jou familie wat uit Johannesburg kom kuier? Jou eie kind wat saam met vriende Kruger-wildtuin toe gaan?

DIE OOGLOPENDE VRAAG IS:

Wat kan ons doen om hierdie slagting te keer? My beskeie mening is bestuurders moet hul eie ingesteldheid en gedrag drasties aanpas.

TWEEDENS:
Die verskillende owerhede moet hul werk doen, die wet en pad-ordonnansies genadeloos toepas, toesien dat almal wat voertuie bestuur behoorlik opgelei is, voertuie moet streng vir padwaardigheid getoets word, en dronkbestuurders se rybewyse moet vir minstens ses maande opgeskort wort.

DERDENS:
Paaie moet behoorlik onderhou, gemoderniseer en gevaarlike dele uitgeskakel word.

En vierdens moet die vraag gevra word waarom motors wat jaar na jaar alhoe kragtiger en vinniger word, en gebou is vir die snelweë van Eerste Wêreldse lande, op lande met hoofsaaklik Derde Wêreldse paaie soos Suid-Afrika, toegelaat word sonder die een of ander beperking of voorwaardes?

In ‘n gesprek oor hierdie onderwerp met ‘n goeie vriend het ek hom van my bg. beskeie mening vertel.

Hy het my meewarig aangekyk met die woorde: “waarom wens jy nie liewer Ugu se watervoorsiening word wêreldklas nie? Dit het ‘n beter kans op welslae”.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.