Die Sondebok

2016-09-29 06:00

HOE graag soek ons nie iemand anders as die sondebok uit nie. Hy het eerste geslaan, sy het eerste gevloek, dis hulle skuld dat die land in so ‘n penarie is. So plaas ons die skuld gou oor na iemand of iets anders: die ander party, die ander standpunt, die ander ras, die een wat gemeen, oneerlik is … alles sondebokke,waarmee ons onsself vrystel (of probeer vrystel) van blaam en skuld. Hierdie menslike pogings om jouself te probeer vrywaar van skuld en verantwoordelikheid neem, is futiel en totaal tevergeefs. Ons hou daarvan om die skuld op ander te pak. Ons hou daarvan om ander uit te wys as die sondebok en kom skotvry daarvan af.

Sommige mense probeer hul skuldgevoelens onderdruk en word stadigaan daardeur vergiftig. Ander se gewetens is weer so sensitief, dat hulle oor alles skuldig voel. Mense worstel baie keer met valse skuldgevoelens. Natuurlik kry jy ook die ouens wat nooit oor enigiets skuldig voel nie. Hoe dit ookal sy, daar is net een antwoord vir ons skuldgevoelens. Dit moes op die regte manier hanteer word. ‘n Mens verstaan dit die beste as jy ‘n prentjie daarvan sien.

Op die Groot Versoensdag is die sondes van die volk van die Here simbolies op die sondebok oorgedra by wyse van handoplegging. Hy is dan die verlate woestyn ingestuur en moes die volk se skuld wegdra. Ons sien sommer in ons geestesoog die prentjie van die sondebok wat die woestyn instap (Levitikus 16).

Die Joodse geskrifte vertel dat dit gebruik geword het om wagposte op te stel op die pad van die bok vir Asasel in die woestyn - wanneer die bok by ‘n wagpos verby is, is die vreugde berig teruggestuur na die laer “dat die bok verby is”, sodat die wagtende volk in die tempel hulle daaroor kon verbly.

Die goeie nuus van Jesus Christus se kruis en opstanding, is dat die sondebok “verby” is.

Ons skuld is deur Jesus Christus weggedra. Die Satan het geen reg meer om jou aan te kla nie. Glo dit, glo die Here, nie jou gewete of die duiwel nie. Glo dit, en vier saam met die verlostes fees, omdat die Sondebok vir goed verby is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.