Die sosiale media – samelewings-euwels of noodsaaklike inligtingsmiddele?

2018-09-20 06:02

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VOORDAT aandag gegee word aan bg. onderwerp, eers net ‘n verwysing na verlede week se berig oor padwoede. Om ‘n onverklaarbare rede het die laaste paar woorde verlore gegaan, en moes dit vir lesers kwaai frustrerend gewees het om aan die einde van die berig in ‘n betekenis-lugleegte gelaat te word. Die laaste sin was “Iets wat in my geheue vassteek is wat die popster Michael Jackson gesê het toe ‘n onderhoudvoerder hom gevra het hoe padwoede-voorvalle gehanteer word”. Wat verlore gegaan het was: “Hy het verklaar ‘begin by die mens in die tru-spieël’”.

Dit is ook heel toevallig ‘n goeie aanknopingspunt vir vandeesweek se bydrae oor die rol van die sosiale media in ons lewens vandag. Dis nie die eerste keer dat die sosiale media ‘n klip in die uwe se skoen is nie, waarskynlik weens die baie lang pad reeds geloop as ‘n toegewyde joernalis wat onwrikbaar glo aan toepaslike beginsels. Dit beteken nie dat dinge soos Facebook, Twitter, en ander net euwels is en geen nut het nie. Inteendeel, dis van die wonderlikste middels tot ons beskikking om vinnig te kommunikeer, met vriende en familielede te skakel, en om jou daaglikse lewe aangenaam en draaglik te maak. Dit word egter misbruik deur onverantwoordelike mense om redes van hul eie, onkunde, deur diegene wat propaganda vir hul eie sienswyses die wêreld wil instuur, en deur mense wat of uit onkunde of doelbewus ‘vals nuus’ oftewel ‘fake news’ versprei. Dis benewens diegene wat te papbroekig is om iemand in lewende lywe te vloek, beswadder of te verkleineer, en dit dan via die internet doen.

Die kollig het weereens op vals inligting geval toe die Suid-Afrikaanse polisie onlangs ‘n verklaring oor onbevestigde sosiale media-berigte van kinder-ontvoerings en ander misdade uitgereik het. Daarin word ernstige kommer uitgespreek oor die vals berigte, en selfs video-snitte, wat op die sosiale media versprei word. Die Polisiediens het dit duidelik gestel kinder-ontvoerings bly ‘n wesenlike gevaar, en alles wat moontlik is, moet gedoen word om dit te verhoed, maar wanneer berigte skielik verskyn, moet die naaste polisiestasie of die nommer 08600 10111 gekontak word om die egtheid van die voorval te bepaal. Verlede week was ook daar talle berigte op die sosiale media oor kinder-ontvoerings by skole aan die Suidkus, wat groot ontsteltenis onder ouers veroorsaak het. Nie een van hierdie berigte was waar nie.

Dis juis hier waar die sosiale media se groot gevaar lê. Die gewilde argument by baie mense hier en in die buiteland, is dat die sogenaamde ‘hoofstroom-media’ beheer word en nuus manipuleer, en dat die sosiale media die betroubaarste manier is om die ‘waarheid’ te hoor. Dis totale onsin. Die ‘hoofstroom-media’, het baie foute, maar hulle hou so ver moontlik by gevestigde joernalistieke beginsels en maak in die algemeen doodseker dat hulle inlgting so na as moontlik aan die waarheid is. Dikwels is dit nie, maar om ander redes.

Dis ook ‘n feit dat die sosiale media doelbewus gebruik word om sekere sienswyses, politieke denke en kritiek op mense, van Jan en San Burger tot top politici, te versprei. Dit is kommerwekkend, omdat talle van die ontvangers nie kan onderskei tussen vals of fopnuus nie, want alles op die sosiale media word geglo, en ook verder versprei.

Terloops, vals of fopnuus is nie nuus waarmee jy nie saamstem nie ( perfekte voorbeeld Donald Trump). Dit is ‘n wesenlike gevaar vir ons demokrasie elke keer as onware inligting versprei word net omdat dit ‘n individu se eie (en ek bedoel mense van alle rasse- en politieke groepe) persoonlike ideologiese denkrigtings pas. Dit veroorsaak toenemende rassisme, vrees en onenigheid.

Trouens, dit veroorsaak polarisasie, nie net tussen rassegroepe nie, maar oral in die samelewing, wat ons nog duur te staan gaan kom.

Elke keer as ek op Facebook argumente, veral oor die politiek en godsdiens, volg, is ek geskok oor die flagrante rassistiese sentimente, van albei kante af, die totaal onaanvaarbare taalgebruik asook beledigings wat links en regs na mense geslinger word. ‘n Goeie voorbeeld is die beledigings en rassistiese aanmerkings op ons eie munisipaliteite en private webwerwe waar diensklagtes aangemeld kan word.

Natuurlik moet die munisipaliteite verantwoordelik gehou word vir swak of geen diens, maar wat bring rassistiese en onsmaaklike beledigings ons in die sak? Absoluut niks. Daar is mense wat feitlik daagliks, hier en elders in die land, politieke en ‘n verskeidenheid beledigende stellings maak, dit doelbewus versprei, sodat ander wat gewoonlik saamstem, ook op die waentjie kan spring en gif spoeg. Die uwe weet persoonlik van mense wat daagliks geselekteerde berigte veral op Facebook versprei om te ‘stir’, soos een aan my verduidelik het.

Bg. is die negatiewe kant van ‘n wonderlike uitvindsel, naamlik die internet. Dis geen wonder dat Facebook en Twitter se base nou iets hieraan probeer doen nie. Dit is uiteraard ‘n baie komplekse onderwerp, en ons moet, soos met rassisme en padwoede, ons hande in eie boesem steek. Maw. soos Michael Jackson gesê het……..’begin by die mens in die tru-spieël’. Haal eers die balk uit jou eie oog uit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.