Die swak skakel

2017-11-23 06:00

‘n BEKENDE televisie program se titel is: “The Weakest Link.”

Die deelnemers probeer om so vinnig moontlik so veel as moontlik prysgeld bymekaar te maak. Dit vermag jy deur die regte antwoorde op die vrae gevra te gee. Dit help dat jy die volgende “skakel” bereik. Jy kan jou geld bank voor die vraag gevra word om te keer dat jy geld verloor.

Dit beteken egter dat die hele proses van voor af begin. Uiteindelik bereik die kompetisie die punt waar die “sterkste skakel” in die ketting besluit wie die swakste skakel is, en van die program verwyder moet word. As jy afstap of uitstap, loop jy die sogenaamde “walk of shame”. Jy is dan eintlik ‘n verleentheid vir die groep.

Die lewe behandel mens soms rof. Ons almal weet hoe dit voel of die swakste skakel te wees, of om jou kop in skaamte te laat sak. Dikwels lei hierdie skaamtegevoelens daartoe dat mense hul onttrek aan die lewe. Dit lei tot gevoelens van minderwaardigheid of selfveragting. Ons is self hieraan skuldig deurdat ons mense wat “anders” as ons is uitsluit net op grond daarvan.

Ons stamp mense uit die pad om self vooruit te gaan in die lewe. Die goeie nuus is dat Jesus Christus volgens Matteus 12:20 juis die “swak skakels” in die samelewing eer. Daar staan geskrywe dat Hy ‘n riet wat geknak is nie sal afbreek nie en ‘n lamppit wat rook nie sal uitdoof nie.

Dalk het die lewe jou verwond. Dit was dalk ‘n skerp tong of ‘n groot fout wat jy genaak het, en jy voel gebroke.

Kom na Jesus. Hy spesialiseer daarin om wat stukkend is heel te maak. Dalk voel jy soos ‘n rokende lamppit. Jou liggie of lampie skyn maar flou.

Jy voel nie baie sterk of bekwaam of goed oor jouself nie. Jesus neem flikkerende lampies en voed dit met nuwe olie, terwyl hy die roet wat aan die pit van die lampie kleef skoonmaak. Jesus ontmoedig nie mense nie. Nee, Hy bring die beste in selfs die “swakste skakel” na vore en heel hulle. Volg Christus hierin na.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.