Die uitkyktoring

2016-10-06 06:00

SOMS bereik mense se lewe breekpunt. Die finansiële druk, of die stres, of die bekommernis oor die kinders, eis sy tol. Hier by breekpunt, gooi hulle soms die hande in die lug en voel oorweldig deur hul omstandighede. Die profeet Habakuk het by so ‘n breekpunt in sy lewe gekom. Hy sien rondom hom onreg, geweld en diskriminasie. Die vyeboom bot nie, daar is geen druiwe aan die wingerde nie, die olyfoes misluk, die aandelebeurs stort in duie, kortom, alles stel teleur. Sulke tye het maniere om mense passief te maak.

Die Bybelse profeet kom in Habakuk 2:1 egter in beweging. Hy gaan staan op ’n uitkyktoring. Hy klim op ’n vestingmuur en hy wag om te verneem wat die Here vir hom gaan sê. In Ou-Israel het die wagte elke nag op die stadsmuur wag gehou en uitgesien na die koms van die dag (Psalm 130:6). Die uitkyktoring simboliseer Habakuk se gebedshouding. Hy gaan staan op sy uitkyktoring van hoop, want hy weet: God sal antwoord. Die dag sal weer breek. Hy vertrou bewustelik sy lewe en die situasie in sy land aan die Here toe.

Dit is wanneer hy sy lewe aan die Here toevertrou dat hy van klag na lof toe beweeg. (Habakuk 3:17) Dis die bekende lied: “U maak my voete soos die van ‘n ribbok.”

Habakuk kon in die Here jubel, want hy het geweet wie hom op hoë plekke (simbool van gevaar en onsekerheid), sou beskerm. Gelowiges loop nie alleen op die hoë plekke van siekte, dood, lyding, swaarkry, bekommernis, of teleurstelling nie. Al is die mat onder my voete uitgetrek, al dreig die afgrond om my in te sluk, nogtans, sal ek in die Here jubel.
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok. Ribbokke trap vas al is die grond onder hulle los.

God maak hulle pote dat dit kan vas trap. God skenk aan Sy kinders vastrapplek in die lewe. Vertrou Hom. Op hoë plekke sal Hy jou veilig laat loop. Dit is geloofstaal. Onthou altyd, Jesus Christus se voete was nie op ‘n veilige plek nie. Sy voete was vasgespyker tussen hemel en aarde.
Hy was op die hoogste plek van beproewing, sodat ons op ons hoë plekke in die lewe, waar ons voete net-net grond raak, in Hom kan jubel.

Roep maar vanuit jou uitkyktoring na Hom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.