Die verkopers van seks: kriminele of nie? Wat van die kopers?

2017-06-15 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VANDEESWEEK se onderwerp is die kontroversie in verband met prostitusie, as die derde en laaste in ‘n reeks oor Suid-Afrika se soms gewelddadige interaksie tussen mans en vroue.

Voordat ek begin skryf het, het ek doelbewus vroeg op ‘n Woensdagaand in Margate rondgery, en was verstom oor die aantal vroue wat op sypaadjies staan, ook in Marine-rylaan, en ooglopend wag om raakgesien te word. Van hulle, veral die meer “modieus”-gekledes, was baie subtiel oor die rede vir hul teenwoordigheid in die straat. Die ander minder modieuse individue het geen geheim gemaak van hul beroep nie, om die waarheid te sê, hul uitlokking was redelik blatant.

Hoewel ek dit nie self gesien het nie, sê inwoners in die omgewings waar hierdie vroue rondloop, dat van hulle baie goed besigheid doen. Dis nie mans in ou of vervalle motors wat hulle optel nie, maar kêrels in bliknuwe Mercedesse, Audis, BMWs en ander motorsimbole van welvaart.

So ‘n jaar of vier gelede was ek betrokke by ‘n reeks berigte oor prostitusie in Port Shepstone, waar vroue hul dienste in huise aangebied het onder die dekmantel dat die geboue eet- en kuierplekke was. In dieselfde omgewing gaan hierdie bedryf nog steeds voort.

Iets wat my altyd sal bybly is die ontstoke man wat my op kantoor kom sien en uitgetrap het omdat die Fever ‘n berig publiseer het dat ‘n vrou op ‘n sekere plek haar dienste aanbied. Die vrou moes na die berig verdwyn, vir die gereg wegkruip en het haar inkomste vir meer as twee weke verloor.

“Wat het dit met jou te doen?” het ek gevra. “Sy is my eggenoot, en moet doen wat sy doen anders sal ons nie kan oorleef nie. Ek is werkloos en niemand wil my in diens neem nie.”

Ek was redelik stomgeslaan, om die minste te sê.

Vir jare reeds is die “verkoop” en “koop” van “seksuele dienste” ‘n groot debats-onderwerp in Suid-Afrika, en het mense oor ‘n wye spektrum totaal uiteenlopende menings oor die saak.

Op die oomblik is prostitusie in dele van twee stukke wetgewing gekriminaliseer, naamlik die Wet op Seksuele Oortredings en Wysigingswet op Seksuele Oortredings en Verwante Aangeleenthede.

Daar is ook verskeie munisipale verordeninge wat gebruik word om sekswerkers, (die uwe verkies die woord prostitute), te verwyder of te vervolg. Dis sonder twyfel ‘n uiters ingewikkelde aangeleentheid met vele fasette, en word verder gekompliseer deur talle sosio-ekonomiese faktore soos armoede, ongelykheid, werkloosheid en misdaad.

Toe hy ‘n verslag oor die probleem verlede week vrygestel het, het die Minister van Justisie, mnr. Michael Masutha, erken dat Suid-Afrika nie ‘n duidelike beleid of strategie oor prostitusie het nie.

Die verslag van die Suid-Afrikaanse Regs-hervormingskommissie onderskryf sy mening, want die kommissie gee die regering twee opsies: Behou die totaal-gekriminaliseerde regs-raamwerk, wat die kommissie se voorkeur-opsie is, of die gedeeltelike kriminalisering van prostitusie onder volwassenes.

Ingevolge die eerste opsie kan mense betrokke by prostitusie toegang kry tot ondersteuningdienste en - stelsels wat hulle in staat sal stel om uit die bedryf te tree. Die tweede opsie laat toe dat alle rolspelers gekriminaliseer word, behalwe die persoon wat die diens lewer. Die Minister het verklaar weens die verskillende uiteenlopende menings oor die saak, en die sikliese vangnet waarin sekswerkers hulself bevind, is dit belangrik dat die regering openbare menings oor die verslag inwin.

Die regering is uiters bekommerd oor die onlangse skrikwekkende misdade teenoor vroue en kinders, maar het ook ‘n verantwoordelikheid om die keuses van goedvindende volwassenes in ag te neem, binne die bepalings van die grondwet.

Prostitusie word nie verniet die wêreld se oudste beroep genoem nie. Dit funksioneer ook van die begin af soos enige ander sukseksvolle onderneming op aanbod en aanvraag. Die harde werklikheid is indien daar nie ‘n aanvraag vir ‘n produk is nie, gaan die produk tot niet.

Myns insiens is ook hierdie verantwoordelikheid by die manlike geslag. Waarom moet die vrou wat die diens aanbied om aan die aanvraag te voldoen, en ‘n goeie besigheid bedryf om te oorleef, gestraf word?

Straf die man wat die diens wil hê, en straf hom kwaai. “Name and shame” met ander woorde. Daarom is die uwe se keuse opsie twee van die verslag.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.