‘Die voedsel-bedryf veroorsaak jaarliks die dood van duisende mense’

2018-03-22 06:01
PHOTO: VERSKAFVerwerkte vleis, die grootste bron van listeriose

PHOTO: VERSKAFVerwerkte vleis, die grootste bron van listeriose

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ek het die opskrif van hierdie berig verlede week raakgelees in ‘n Nuus 24-verslag van Alet van Rensburg oor die redes waarom die listeriose-uitbraak net die spreekwoordelike ore van die seekoei is. Drie weke gelede het die uwe in hierdie koerant ‘n berig geskryf oor hoe ongeërgd die meerderheid Suid-Afrikaners was ( dalk nog is?) oor die siekte listeriose, en blykbaar aanvaar het hulle sou dit nooit kry nie. In daardie stadium het niemand geweet wat die oorsaak van die uitbreking was nie, en almal het gehoop dat waar dit ookal begin het, dit so ver as moontlik van hulle af was.

Nou het die volle omvang van die krisis bekend geraak nadat die bron van die siekte, wat verlede week reeds 183 lewens geëis het, en het Suid-Afrikaners skielik besef dat alledaagse kos, soos ‘n polonie en mayonnaise-toebroodjie, ‘n goedkoop en redelik smaaklike manier om hongerpyne te stil, hul dood kon veroorsaak. ‘n Veldtog is begin om betrokke produkte van winkelrakke af te haal, die betrokke produksie-aanlegte het feitlik tot stilstand gekom, die Regering het sterk standpunt ingeneem, en toe hierdie berig gekryf is, is mense gewaarsku om tot tyd en wyl geen verwerkte vleisprodukte te eet nie, en om alles wat hul nog in voorraad het, weg te gooi.

In die berig van Alet van Rensburg is daar egter baie belangrike inligting waarvan ons almal moet kennis neem. Kenners by wie sy inligting gekry het, beweer listeriose is maar net een van baie ander siektes in die land wat deur voedsel van ‘n swak gehalte veroorsaak word. Florian Kroll van die Institute for Poverty Land and Agrarian Studies (PLAAS) verklaar daar is veral twee redes waarom Suid-Afrikaners die gevaar loop van siekte-epidemies soos listeriose, naamlik kultuurgegronde gebruike, en die manier waarop die voedselbedryf gestruktureer is. In die Suid-Afrikaanse kultuur is dit belangrik om vleis te eet.

Mense wys op ‘n manier hulle status. Maar as gevolg van verskillende vlakke van armoede, koop mense vleisprodukte wat hulle kan bekostig, en dis meesal goedkoop verwerkte vleis. Weens die hoë pryse van vars vleis en in ‘n land waar amper 31-miljoen mense in armoede leef, is dit dus geen wonder dat produkte van twyfelagtige gehalte hoogty vier nie.

Kroll het aan Alet van Rensburg gesê “die voedselbedryf veroorsaak jaarliks die dood van duisende mense met ultra-verwerkte voedsel wat vervaardig word met ‘n veelvoud van bymiddels wat so geformuleer is dat dit werklik lekker smaak. Dit is so verpak dat dit lank hou, en baie van hierdie kossoorte veroorsaak hipertensie en vetsug, wat die dood van talle mense veroorsaak”.

Die berig lui voorts die sg. Pacsa-voedselprysbarometer het bereken die koste om te verseker ‘n kind het ‘n basiese maar gebalanseerde voedsame dieët, is tussen R540 en R682 per maand. Met die maatskapilike toelaag wat nou R380 per maand per kind, minder as die voedsel-armoedegrens van R531 per maand , is dit vir duisende ouers onmoontlik om hul kinders voedsame maaltye te gee. Terselfdertyd is die voedselverwerkings- en kleinhandelbedryf só gestruktureer dat die maksimumwins uit arm mense gemaak word. Die groot verwerkingsmaatskappye is besonder aktief in die ‘onderste laag van die piramide’-mark.

Kroll het Van Rensburg ook daarop gewys die bedryf is só gestruktureer dat daar ‘n “hoë konsentrasie en konsolidasie van eienaarskap” is, wat beteken die bedryf word deur groot spelers gedomineer. “Die meeste voedselvervaardigers wil die maksimumwins maak, en dit beteken dus hulle koop bestanddele vir hul produkte by internasionale markte . In die listeriose-geval, word die oorsaak toegeskryf aan goedkoop derivatives van ander lande. Daar is baie goedkoop-produkte wat uit lande soos die VSA en Brasilië ingevoer word.” Van Rensburg se verslag beteken die Suid-Afrikaanse owerheid sal vinnig en daadkragtig moet optree om ‘n herhaling van die listeriose-uitbreking te voorkom. Wanneer die stof gaan lê het na die huidige epidemie, sal streng maatreëls en regulasies toegepas moet word. Die vraag is weereens of die politieke wil daar is om die groot voedsel-konglomerate behoorlik vas te vat.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.