Die vrede van Christus

2016-01-07 06:00


IN Suid Afrika is dit binnekort weer verkiesingstyd. In hierdie dae waarin ons lewe is daar baie spanningslyne wat tussen mense loop.

Professor Piet Meiring vertel hierdie storie: in die vallei in Hinnom, aan die agterkant van die muur van Jerusalem, waar in Bybelse tye die ashoop van die stad was, waar die vure onophoudelik gebrand het, waar honde geaas het en die liggame van misdadigers wat so skuldig was dat hulle ná hul teregstelling nie ’n begrafnis verdien het nie, gegooi is, staan daar vandag ’n monument. In die vallei van Hinnom wat so ’n skrikwekkende plek was dat die naam en die begrip “hel” daarvan afgelei is, het die bloed gedurende die 1948-oorlog weer ’n keer gevloei. Die Israeli’s en die Jordaniërs het tot die dood toe geveg. Hul lyke het verstrooid oor die swartgebrande veld gelê. Toe die oorlog verby was, het die Israeli-owerheid die monument opgerig as teken daarvan dat hulle graag hul wapens wil neerlê, dat hulle in vrede met hul bure wil lewe.

Van ver af lyk die monument vreemd, soos ’n reusespinnekop of ’n seekat op ’n sandsteenbasis. As jy nader stap, sien jy egter wat dit is. Die tentakels wat in alle rigtings uitsteek, is aan die een kant ’n kanonloop, ’n masjiengeweer, mortiere en patroonbande. In die middel word hulle egter saamgesmelt om aan die ander kant uit te steek as ’n trekker stuurwiel, ’n ploeg en ’n eg. Die oorlogswapens word omgesmelt in werktuie van vrede. En op die basis van die monument staan die woorde van die profeet Miga: “Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hul spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.” (Miga 4:3)

In Miga se tyd, ’n tyd van onrus en geweld en vrees, toe die Babiloniese oormag wat die land enige dag kon inval die voortbestaan van die volk bedreig het, moes hierdie woorde ’n wonderlike troos vir die mense ingehou het. Op ’n dag sal daar vrede wees, sal die oorlogsrumoer ophou en sal die mense in liefde mekaar se hande vat. In plaas van teen mekaar veg, sal hulle saamwerk.

Oor hoe dit sou gebeur kon Miga en sy kollega Jesaja, wat ook die boodskap van die Here ontvang het (Jes. 2:4) slegs droom. Maar vandag weet ons hoe dit waar geword het, dié dag toe die here god weer ’n keer op ’n heuwel net buite Jerusalem ’n monument ingeplant het: die kruis van Golgota waaraan Jesus Christus vir ons sonde gesterf het om ons almal met god en met mekaar te versoen, om in die hel van ons wêreld vrede te bring. Jesaja en Miga het daarna uitgesien dat die gestuurde van die Here, die Messias, eendag sou kom. Ons weet: Hy hét, en Hy sal weer kom.

Wat sê dit vir ons?

Ook in ons land, in ons verskeurde en gepolariseerde samelewing, hunker ons na die dag waarop swaarde ploegskare word en spiese in snoeiskêre omgesmelt word. Op baie vlakke is die verdeeldheid en spanning in ons land aan die groei. In die “hel” van ons samelewing stuur Jesus gelowiges as Sy gesante, om in Sy voetspore as vredemakers op te tree. Wat vra dit van ons? Hoe gaan ons dit regkry om waar ons leef en werk, waar ons tussen mense beweeg, monumente van vrede op te rig?

Dis belangrik dat ons ook onvrede in ons land, gemeenskappe en gemeentes na die Here sal bring. Die vrede wat Christus in ons harte bring verander die optrede van mense. Dit gee vreugde in leed, bring hoop in angs, omskep liefde in haat. Dit is ook so dat die vrede waarvan ons teks praat, toekomsmusiek is. Eers op die nuwe hemel en aarde sal alle onvrede verdwyn. Christene leef egter vanuit die toekoms. Hulle maak onder die leiding van die Heilige Gees die drome van die toekoms werklikheid in die hede.

Die baie bekende – maar altyd aangrypende – gebed van Fransiskus van Assisi kan ons op ons pad as vredemakers begelei.

Here, maak my ’n instrument van u vrede.

Waar daar haat is, laat my liefde saai;

Waar daar onreg is, vergifnis;

Waar daar twyfel is, geloof;

Waar daar wanhoop is, hoop;

Waar daar duisternis is, lig;

Waar daar droefheid is, vreugde.

Mag ons elkeen wat hier lees in 2016 die bede ons eie maak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.