Die wettiging van dagga vir persoonlike gebruik: Wat nou?

2018-10-04 06:01
PHOTO: SOURCEDVir mense gekant teen dagga rook is dit die werklike boodskap.

PHOTO: SOURCEDVir mense gekant teen dagga rook is dit die werklike boodskap.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


Die beslissing van die Grondwetlike Hof om die gebruik en kultivering van dagga in en om jou eie huis te wettig, was te wagte. Dit is in ooreenstemming met Afdeling 14 van die Grondwet oor die reg tot privaatheid van die individu. Die hof het ook met verwysing na die betrokke wetgewing oor Verdowingsmiddels en Medisyne die Parlement opdrag gegee dat dit dienooreenkomstig gewysig word. Die Parlement moet ook bepaal hoeveel dagga ‘n persoon mag besit en kweek, en hierdie prosesse moet binne 24 maande afgehandel word. Die Grondwethof het dit beklemtoon dat dagga nie gekweek mag word om te verkoop nie, en dit bly dus ‘n misdaad.

Weens ‘n magdom faktore betrokke wat mense se menings beïnvloed, is ‘n hewige debat reeds ontketen. Wat niemand kan betwis nie, is dat die verskillende variëteite van dagga, of dit nou marijuana, ‘boom’, hashish of hemp is, onbetwiste en suksesvolle medisinale toepassings het. Nog ‘n argument is dat dat alkohol ‘n groter euwel en dwelm is en oneindig meer skade in die samelewing doen as dagga.

Die uwe se sienswyse is gegrond op die Engelse gesegde ‘two wrongs don’t make a right’. Waarom moet die skade wat die rook van dagga veroorsaak, geïgnoreer word omdat alkohol en sigarette ook euwels is? In my leeftyd het ek mense gesien wat heel normaal gelyk het na jare se daggarook maar in gesprekke duidelik tekens getoon het van denkprosesversteurings. Ook menslike wrakke wat verniel is deur die rook van dagga en later beweeg het tot sterker dwelms en alkohol.

Die chemikalie wat verantwoordelik is vir die meeste van dagga se psigologiese uitwerking, is THC, oftewel tetrahydrocannabinol. Volgens die Amerikaanse Instituut vir Dwelmmisbruik het dit baie dieselfde uitwerking as die cannabinoïde chemikalieë wat natuurlik deur die liggaam vervaardig word. Cannabinoidiese reseptore is gekonsentreer in sekere areas van die brein wat geassosieer word met denkprosesse, plesier, koördinasie en die persepsie van tyd. THC aktiveer hierdie reseptore en beïnvloed ‘n mens se geheue, plesier, bewegings, denke, konsentrasie, koördinasie en sensoriese en tydspersepsie. THC stimuleer selle in die brein om dopamine vry te stel, wat verantwoordelik is vir ‘n gevoel van euforie. Die instituut het egter ook in navorsing bevind dat dit inmeng met die verwerking van inligting in die hippocampus, die deel van die brein wat verantwoordelik is vir die skep van nuwe herinneringe. THC veroorsaak soms hallusinasies, versteur denkpatrone en veroorsaak drogbeelde. Die uitwerking wat dagga op gebruikers het, is juis waarom dit so gewild is. Die toestand word algemeen bestempel as ‘n ‘high’, iets waarna elke roker streef. ‘n Kunsmatige toestand van euforie: Musikante hou bv. vol dit help hul kreatiwiteit.

Die realiteit is egter dat dagga, naas alkohol, in Amerika die tweede grootste faktor in motor-ongelukke is omdat iemand se motoriese funksies vir minstens drie ure lank aangetas word na ‘n daggarooksessie. Mediese toetse het ook bewys dat dagga ernstige nadelige gevolge het op mense jonger as 20 weens ‘n verlaging van die IK, geheueversteurings en bewustheid. ‘n Studie deur die Universiteit van Montreal in 2016 het getoon dat dagga jong mense ernstig kan benadeel. Kinders wat op 14 begin dagga rook, het swakker gevaar in kognitiewe toetse as nie-rokers. Toetse op 300 studente het bevind dat daggarokers makliker hul skoolloopbane laat vaar as nie-rokers. Dié wat teen 17 begin rook het, is egter baie minder ge-affekteer.

Die belangrikste gevaar en nadeel van dagga is dat dit oral bekend is as die sogenaamde ‘entry level’- dwelm. Vra maar die inrigtings vir dwelmverslaafdes. Die Amerikaanse Instituut het bevind dat heroïne-verslaafdes vroeg in hul lewens begin dwelms gebruik het, beginnende met dagga en alkohol. Gesaghebbende navorsing het ook bevind dat mense wat aan dagga verslaaf is, drie keer makliker die volle pad tot by heroïne sal stap. ‘n Suid-Afrikaanse joerant het ‘n baie belangrike punt beklemtoon het: ‘Min daggarokers het die regters hoor verklaar dat hul beslissing gladnie bedoel is om die feit dat dagga ‘n massiewe sosiale euwel in Suid-Afrika is, te minimiseer nie. Die daggakwekers en -handelaars het ook nie die uitspraak gehoor of verstaan dat daar geen bedoeling is om handeldryf met dagga te dekriminaliseer nie.’

Die vraag is weereens: Is die politieke wil daar om dit streng toe te pas? En kan dit gedoen word voordat die Parlement sy besluite geneem het? Die antwoord is ‘n ooglopende ‘nee’.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.