Doodloopstate

2016-07-28 06:00

EK aanvaar dat dit al met jou gebeur het dat jy op soek is na ‘n plek, verdwaal en dan agterkom jy bevind jou in ‘n doodloopstraat. Dis frustrerend, veral as daar nie plek is om om te draai nie. Die lewe bestaan ook uit sulke doodloopstrate.

Dit kan die doodloopstrate wees van jou drome, van jou gesondheid, van jou toekomsverwagting, wat ookal. Die Bybelboek Rut vertel ons van so ‘n doodloopstaat in die lewe van ‘n vrou met die naam Naomi.

Sy, haar man en twee seuns moes vanweë hongersnood in hulle land verhuis en vlugtelinge word in ‘n vreemde land. Daar gebeur dit toe dat die twee seuns met vroue trou van ‘n ander kultuur en geloof. Dit alleen maar ‘n bitter pil om te sluk vir ‘n Jood destyds. In die vreemde land gebeur dit toe ook nog dat haar man en twee seuns te sterwe kom.

Sien dit saam met al die ander ellende wat hulle getref het en jy kan verstaan dat Naomi gevoel het haar lewe het in ‘n doodloopstaat beland. Sy het dit bitter swaar gehad.

Hoe gemaak met doodloopstrate in jou lewe? God laat Hom nie deur doodloopstrate afsit nie. In die boek Rut sien ons hoedat deur die beskikking van God en die inisiatief van Naomi daar tog ‘n weg is uit doodloopstate. God wik en die mens beskik, die mens wik God beskik. Naomi se een skoondogter Rut het saam met haar teruggetrek na haar geboorteland toe. Deurentyd sien ons hoe sy haar skoondogter van raad bedien om uiteindelik ‘n huweliksmaat te vind, wat destyds die manier was waarop ‘n weduwee heenkome kon vind.

So word Naomi uiteindelik self versorg. ‘n Mens moet nie te gou aanvaar dat daar nie ‘n oplossing vir ‘n probleem is nie.

Vertrou die Here om aan jou die wysheid te gee om uit die doodloopstraat in jou lewe te tree. Naomi se doodloopstraat sou uiteindelik lei tot die geboorte van Christus, die nageslag van Rut, die Redder van die wêreld. God omskep doodloopstrate in poorte van hoop.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.