Eerste indrukke

2018-08-23 06:00

DIE spreekwoord sê dat mens nie iemand op sy baadjie moet takseer nie. Ons is egter almal geneig om deur ons eerste indrukke van iemand beïnvloed te word.

Ons is geneig om mense op hulle uiterlike voorkoms te beoordeel, veral as iemand glad met die mond is.

Verkoopsmanne leer byvoorbeeld tegnieke aan om mense te oorreed om hul produkte te koop. God kyk anders, Hy let op die hart. Eerste indrukke is nie deurslaggewend nie. Mense kan voorgee wat hulle nie is nie. In Matteus 23:27-36 is Jesus se boodskap gerig op mense wat meesters was in die skep van ’n positiewe openbare beeld.

So was die Fariseërs van Jesus se tyd. Hulle het dit reggekry om meester poetsers van hul eie beeld te wees, terwyl hulle harte nie reg was met God nie.

Tom Wright vertel van ‘n netjiese huisie op die platteland wat hy een aand besoek het. So in die skemering het die plekkie heel romanties gelyk met die rook wat uit die skoorsteen kom en die ou klipmure.

Groot was sy skok toe hy ingaan. Binne was die mure ongeverf en die rotte het die matte plek-plek opgevreet. Die stoele was lendelam.

As jy buite gestaan het, sou jy nooit kon raai wat binne aangaan nie. Wright vertel dat hy êrens gelees het dat mense wat drome ontleed te vertel het dat as jy van ’n huis droom dit iets van jouself en wie jy is weggee. Hoe dit ook al sy, Jesus waarsku Sy kerk destyds teen voorgee.

Die Fariseërs het so hard gewerk om na buite goed te vertoon dat hulle die binnekant van hul lewens skoon vergeet het. Daar waar God gesien het, was daar chaos.

Daarom kon die prentjie wat hulle na buite geskep het nie hou nie. Die Gees van God wat jy deur die geloof in Christus ontvang, versoen jou innerlike en uiterlike lewe. Moet nie probeer voorgee wat jy nie is nie.

Laat Christus jou van binne af verander. Christenskap gaan nie oor indrukke op mense maak nie, dit gaan daaroor om te leef uit jou ware aard, om deur die krag van die Heilige Gees, die beeld van Christus te vertoon. Wie probeer jy beïndruk?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.