El Niño, die globale klimaatverskynsel wat selfs die KZN-Suidkus wurg

2015-12-10 06:00
BLURBPresies wat is El Niño, en sy antitese, La Niña?Die El Niño diagram.

BLURBPresies wat is El Niño, en sy antitese, La Niña?Die El Niño diagram.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OP die onlangse dialoogvergadering oor water-uitdagings van die Ugu-distrikmunisipaliteit het verskeie kenners bydraes gelewer oor aspekte van die huidige droogte in Suid-Afrika - onder meer die oorsake, die uitwerking op die land se ekonomie, en wat gedoen moet word om te verseker dat die land oorleef … en in die besonder die mense van die Suidkus van KwaZulu-Natal.

‘n Besonder interessante bydrae is gelewer deur Dr Seane Pillay van die Universiteit van KZN, wat verskeie sake aangeraak het, onder meer die “globale dryfvere”, waarvan die El Niño-verskynsel die belangrikste is. Feitlik almal wat in die weer belangstel, het al gehoor van hierdie skrikbeeld wat die skuld kry vir alles wat met ons planeet se weer verkeerd is. Presies wat is El Niño, en sy antitese, La Niña? Waarom hierdie name, en waarom is die verskynsels so deurslaggewend? Uit Dr Pillay se voorlegging, en ander gesaghebbende bronne, kan dit so opgesom word:

Die Stille Oseaan is ‘n massa water wat soveel groter as die ander oseane is, dat dit ‘n dominante invloed het op die hele wêreld se weer, nie alleen in die oseaan onmiddellike omgewing nie. Die verskynsel kom in siklusse elke vyf tot agt jaar voor, en sy invloed kan in ekstreme gevalle tot vyf jaar duur. Nou presies wat is El Niño … uitgespreek in Spaans el “ninjo”. Met die “j”? Dis die warm stadium van die sogenaamde El Niño-suidelike ossilasie, algemeen bekend as Enso, en word geassosieer met ‘n warm strook water wat in die sentrale en oos-sentrale deel van die ekwatoriale Stille Oseaan ontwikkel, basies tussen die Internasionale Datumlyn en 120 grade wes. Wanneer hierdie strook warm water ontwikkel, gaan dit gepaard met hoë lugdruk in die Westelike Stille Oseaan, en lae lugdruk in die Oostelike Stille Oseaan. Die “koel” stadium of fase van Enso is bekend as La Niña, ook met die “j”-klank, wat self ‘n invloed het op die globale temperature en reënval, maar nie naastenby so negatief as die manlike element van die twee nie. Terloops, El Niño beteken Christuskind, omdat die periodieke verwarming van die Stille Oseaan naby Suid-Amerika dikwels tydens die Kerstyd waargeneem word. La Niña, as die aangewese teenvoeter vir El Niño, beteken letterlik “Die Meisie”. Internasionale studies oor wat presies die Enso veroorsaak, is nog volstoom aan die gang.

Wat wel seker is, is dat die verskynsel ‘n deurslaggewende invloed op die internasionale weerpatrone het. Die atmosferiese sirkulasie tussen die hoë- en laedrukstreke van die tropiese Stille Oseaan is bekend as die Walker-sirkulasie. Die oostelike sg. handelsroete-winde is deel van die lae-vlakkomponent van die Walker-sirkulasie. Gedurende normale jare (nie-Enso-jare) beweeg die handelswinde oor die warmer see en bring warm, klam lug na die Indonesiese streek.
Hierdie klam lug styg hoog op en beweeg ooswaarts voordat dit oor die Oostelike Stille Oseaan neerdaal. Hierdie stygende lug word dan geassosieer met ‘n laedruk-streek, reuse wolke en reën. Wanneer die lug daal, gaan dit gepaard met droeë en hoogdruk-toestande. Tydens die La Niña-jare, gebeur die Walker-sirkulasie op dieselfde manier as tydens normale jare, maar weens die groter hoeveelheid kouer water naby die Suid-Amerikaanse kus en die verplasing van warmer water na die weste toe, skuif die atmosferiese patroon dienooreenkomstig. Gedurende die El Niño-jare, word die Walker-sirkulasie drasties verander weens die veranderinge in die Stille Oseaan. Die opstyg en daling van lug – en dus reën- en droeë toestande– beweeg dus met sowel die warmer as kouer see-oppervlaktemperature om die patroon te vorm wat tydens El Niño in die Stille Oseaan en die atmosfeer ontstaan.

Enkele voorbeelde van die El Niño-effek in sekere wêrelddele:
>> In Suid-Amerika veroorsaak dit swaar reën oor die oos-sentrale en oostelike Stille Oseaan en verskeie dele van die Suid-Amerikaanse weskus.

>> In Noord-Amerika is die winters in groot dele warmer en droeër, in ander natter, en op plekke val daar baie minder sneeu.

>> In Europa is die noordelike dele se winters kouer en droeër en die Suidelike lande s’n warmer en natter.

>> En in Afrika, afhangend van waar die lande is, kry hulle baie meer of minder reën.

Dr Pillay het in sy voorlegging uitgewys dat daar in Suider-Afrika bykomende negatiewe faktore is wat die invloed van El Niño vererger, soos die oneweredige verspreiding en seisoengebondenheid van die reënval, die relatiewe stadige vloei van riviere oor lang tydperke, en die groot afstande tussen groot stedelike en nywerheidsontwikkelings en riviere.

Hy het daarop gewys dat die vraag na water die aanbod in 2025 gaan oorskry, indien iets drasties nie gedoen word nie. Dis egter nie ‘n unieke probleem nie....teen dieselfde jaar gaan amper die helfte van die wêreldbevolking ‘n ernstige waterskaarste ervaar indien die huidige tendense sonder ingryping voortduur.

Sy aanbevelings vir KZN en Ugu? Vinnige, doeltreffende stappe om water te bespaar en op te gaar, soos die bou van nuwe opgaardamme.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.