Emosionele bankrekenings

2017-03-02 06:01

WANNEER mense mekaar nie meer vertrou nie, loop hul paaie uitmekaar. Dit sien mens in talle gebroke verhoudings. Jy sien dit tussen landgenote, tussen huweliksmaats, kollegas by die werk, self in die kerk. S. Covey het in sy boek: “The seven habits of highly successful people,” die term “emosionele bankrekening” aan die orde gestel. Dit kom daarop neer dat ons ‘n persoonlike “emosionele bankrekening“ vestig met almal met wie ons in interpersoonlike verhoudings staan. Ons bou krediete en debiete op in ons verhoudings. Die enigste verskil is dat in plaas van geld, ons van emosionele bates of laste praat. Hierdie emosionele eenhede sentreer rondom vertroue. Elke keer wat ons vertroue bou, groei die bankrekening. Elke keer wat ons mekaar teleurstel, krimp die bankrekening.

Covey lê klem daarop dat ons moet bou aan vertroue. Dit is juis die versoeking waarvoor die Here Jesus Christus in Matteus 4:1-11 te staan gekom het. Hy was na veertig dae se vas in die woestyn seker so honger soos ‘n leeu. Die duiwel wys hom toe op klippe wat daar rondlê en sê dat hy daarvan brood kan maak. Dit lyk nie na ‘n groot saak nie. Tog was dit. Israel, het God gewantrou in die woestyn na hul uittog uit Egipte. Hul murmurering en gebrek aan vertroue het die verhouding tussen hulle en God versteur. Met die gevolg dat slegs ‘n klein klompie van daardie geslag die Beloofde land sou sien. Jesus verteenwoordig in ons teks vir Israel in die woestyn.

Kort vantevore het Jesus uit Sy Hemelse vader se mond gehoor dat Hy die geliefde is. Nou daag die Satan Jesus uit. Hoe kan jou Hemelse Vader jou so laat sukkel? Maak brood uit die klippe. Jy kan mos. Dink net hoe sou die mense jou volg en aanbid. Jesus is egter nie bereid om die emosionele bankrekening met sy Vader in gedrang te bring nie. Hy bly vertrou. Hy weet Sy Vader sal op Sy tyd voorsien. En jy? Dalk is jou emosionele bankrekening vandag leeg. Dalk het jy andere en jouself teleurgestel. Vra verskoning as jou emosionele bankrekening oortrokke is. Werk aan jou verhoudings. Christus in jou maak dit moontlik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.