Empatie

2018-03-22 06:00

In ‘n land en tyd waar mense allerlei vorme van trauma en pyn beleef, is dit maklik om te sê: “Ek verstaan hoe jy voel of ek weet waardeur jy gaan.” Kan ons egter sê dat ons verstaan wat dit is om ‘n kind te verloor, as ons nie self daardeur was nie? Kan ons sê dat ons verstaan wat dit is om verkrag te word, as ons self nie daardeur was nie? Selfs as ons deur hierdie pynlike ervarings gewerk het, is elke mens se belewenis van pyn en trauma uniek, al is daar raakvlakke in hoe ons dit ervaar en verwerk. Om empatie met ander te betoon, is om te identifiseer met ‘n ander se gevoelens. As dit heeltemal menslik moontlik was, sou mens empatie kon definieer as die vermoë om ‘n ander se pyn in jouself te ervaar.

Daar was Een van wie dit veral waar was. Nie net het Hy die wêreld se sondes in Sy liggaam aan die kruis gedra nie, maar ook die diepste seer van die mensdom kom dra. In Matteus 14:13-21 lees ons dat Jesus na die wrede dood van Sy vriend en familielid Johannes die Doper, eenkant gegaan het om stil te word en die verlies te verwerk. Daar kom haal die mense Hom. Hy sien dadelik die menigte se fisiese en geestelike nood raak. Hy het hulle innig jammer gekry. Die Griekse teks sinspeel daarop dat Sy “ingewande in beroering gegaan het.” Hiermee word Jesus se hart blootgelê. Hy kan waarlik in jou en my skoene staan en volledig met ons gebrokenheid identifiseer. Sy jammerte gaan oor in dade van barmhartigheid.

So word Jesus geteken as die Messiaskoning wat die ware taak van ‘n Koning van Sy tyd uitvoer. Nie roemryke oorwinnings op die slagveld nie, maar die versorging van Sy onderdane. Hy hef hulle siekte, honger en sonde op. Nie net deur fisies brood te vermeerder nie, maar ook deur self die Lewensbrood te word. Die kindjie van Bethlehem het in sondaars se skoene kom staan. Daar is baie nood om ons. Jesus se opdrag aan Sy dissipels was om iets daaraan te doen. Wat gaan jy in navolging van Jesus Christus daaraan doen?

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.