Familiewapens

2018-12-13 06:02

Mens sien soms interessante familiewapens teen mense se mure as jy vir hulle gaan kuier. Nie almal is begaan oor hul herkoms nie. Dis vir ander weer, met reg, belangrik dat hulle byvoorbeeld van die Franse Hugenote afstam. Iemand sê eendag so tong-in-die-kies: “Uiteindelik stam ons maar almal van een ouerpaar in die Paradys af.” Dis nogal stof tot nadenke. Die studie van Heraldiek is die studie van die ontstaan, herkoms en betekenis van familiename. Die woord heraldiek is afgelei van herout. Hulle was amptenare van Middeleeuse howe wat amptelike aankondigings gemaak het. Die heel eerste evangelie in die Bybel begin met ’n aankondiging. Jesus Christus se familie afkoms word in Matteus 1:1-17 aan ons deurgegee. Is dit nie dalk oortollige inligting in die Bybel nie? Waarom Jesus se ‘aardse’ familie herkoms so beklemtoon?

Die Joodse gehoor van Matteus in die eerste eeu na Christus, was natuurlik mense wat gesteld was op hulle afkoms of familie herkoms. Die skrywer van Matteus wil by sy lesers tuisbring dat hierdie kind wat gebore gaan word die vervulling van al God se beloftes is. Die name van Abraham die geloofsheld en Dawid die groot Koning, word uitgelig. Die nogal ’n indrukwekkende familiewapen of stamboom om te hê. Daar is egter so ’n vangplek. Maria is swanger nie deur haar verloofde nie, maar deur die Heilige Gees. Sommige skeptici het maar swaar aan hierdie geloofswaarheid gesluk destyds. Dan is daardie naam van Juda wat sy skoondogter soos ’n prostituut behandel. Daar is ook Boas die seun van die prostituut Ragab van Jerigo. Moet ook nie vergeet van koning Dawid wat egbreuk gepleeg het met die vrou van Uria die Hettiet nie. Laasgenoemde is ook met ’n slenter na die front gestuur waar hy kon sterf om dinge vir Dawid makliker te maak.

Ja, wie wil nou sulke mense erken in jou familie stamboom? Tog is dit die Kersverhaal. Die Seun van God het gekom om hulle wat verlore gaan te red, om vir sondaars en sukkelende mense hoop te bring. Hier aan die begin van Matteus sien ons dus die Kersboodskap in heraldiek. “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 

Enter the examination number or search by province or school (NSC Students) to view results.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.