Fopnuus

2018-08-30 06:00

ONS is almal bewus van die skade wat fopnuus of valse nuus kan aanrig. Fopnuus gedy dikwels in ’n klimaat van onsekerheid.

Eintlik is fopnuus niks anders nie as om valse getuienis af te lê. ’n Valse gerug oor iemand se seksuele bedrywighede kan ’n lewe ver- woes.

Net so kan die nuus dat die Russe byvoorbeeld Suid-Afrika oornag ingeval het, die rand se waarde laat tuimel. Dis duidelik dat fopnuus groot skade aan mens en infrastruktuur kan aanrig.

Om fopnuus uit te ken is nie so maklik nie, alhoewel die nagaan van die geloofwaardigheid van die bron darem in ’n mate kan help.

In tye van ekonomiese en politieke onsekerheid soos wat die wêreld in die Trump bedeling of Suid-Afrika tans in die onteienings diskoers beleef, is daar talle berigte oor die einde van die wêreld of ‘n uitwissingsoorlog wat die wêreld in die gesig staar. Nugtere denke en pro-aktiewe optrede is nodig in sulke tye.

In Matteus 24:1-14 waarsku Jesus Christus Sy dissipels oor fopnuus. Baie sal in Sy Naam kom en sê dat hulle die Christus is.

Daar sal die rumoer van en gerugte oor oorloë wees. Daar sal op baie plekke hongersnood en aardbewings wees.

Daar sal baie valse profete kom om die mense te mislei. Dit sal ’n tyd wees waar die mense van mekaar afvallig word en mekaar verraai.

Ons noem dit tekens van die tye.

Jesus se woorde is nie fopnuus nie. Die dinge het natuurlik in Jesus se dag voorgekom en deur al die eeue, ook in ons dag.

Wat Jesus wel sê is dat Sy volgelinge bedag moet wees op die tekens van die tye en moet aanhou om te volhard om Hom te volg.

Na Jesus se Hemelvaart is die tempel as simbool van God se teenwoordigheid verwoes. Hy is egter Alomteenwoordig.

Ons sal ook in ons dag beleef dat baie simbole en dinge waarop ons staatgemaak het wegval. Niks bly soos dit is vir altyd nie.

Wat gevra word van Jesus se volgelinge is om aan te hou om goed te doen, Jesus se woorde uit te leef en so draers van goeie nuus en nie fopnuus te wees nie. Is jy ook ’n draer van goeie nuus?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.