Geen mens is ‘n eiland nie

2018-07-26 06:00

GEEN mens is ’n eiland nie en niemand kan sonder ander bestaan nie.

Die filosoof Martin Buber het glo gesê dat die mens in drie primêre verhoudings staan: Daar is jou verhouding met God, waar Hy vertroostend, voorsienend en versorgend in jou lewe betrokke is.

Daar is jou verhouding met jou medemens waar jy God moet verteenwoordig in jou interaksie met hulle. Jy tree beskermend en bemoedigend teenoor hulle op. Dan is daar ook jou verhouding met die skepping of wat hy noem, ek-dit.

Jesus het in Matteus 22: 34 die volle inhoud van die tien gebooie saamgevat in een woord, liefde; liefde teenoor God en jou naaste wat selfliefde insluit. Dis merkwaardig dat godsdienstige mense hierdie eenvoudige beginsel miskyk.

Dikwels fokus kerke soos die legende vertel, op die nie-essensiële van die godsdiens.

Die legende gaan mos oor hoe die kerk in Rusland Sinode gehou en gestry het of Nagmaalswyn onheilig is as ’n vlieg in die Nagmaalsbeker val en of die vlieg heilig is. Intussen was Rusland met die kommunistiese rewolusie besig om in duie te stort. Jesus het dikwels in Sy twisgesprekke met die godsdienstige leiers van Sy dag deurgedring tot die wese van alles, naamlik verhoudinge. Sonder ’n persoonlike verhouding met God en ’n betekenisvolle verhouding met ander, is die lewe eintlik sinloos. Gaan egte godsdiens dan nie oor ’n liefdesverhouding met God wat Sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, vir ewig by Hom kan wees nie?

Die liefde vir God sê Jesus behoort ons emosies, gedagtes en optrede van elke dag te oorheers. Hierdie liefde is meer as net ’n vroom gevoel. Dit loop uit vir liefde teenoor ons medemens.

Ons wil nie ons medemens kwaad aandoen nie, want ons besef dat God se liefdesdaad by die kruis juis ons welwese in gedagte gehad het.

Natuurlik kan ons dit nie uit ons eie regkry om lief te hê nie. Ons het nodig om die Heilige Gees te vertrou om ons natuurlike selfsug te transformeer in omgee en sorg dra vir ander en die skepping.

Hoeveel tyd bestee jy aan die bou van verhoudinge met God, jou medemens en deur aandag aan die versorging van die skepping te gee?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.