Geure

2018-10-18 06:00

Die geur van ’n roos, die reuk van ’n braaivleisvuur of ’n koppie koffie.

Hierdie is maar enkele van die magdom geure en reuke wat die mens se reuksintuig kan bespeur. Die nawerking van ’n simboliese daad soos die waarvan ons in Matteus 26:6-13 lees, is soos ’n aangename geur wat mens altyd bybly.

Ons lees dat ’n vrou Jesus met losbare reukolie gesalf het as voorbereiding vir Sy begrafnis. Die verhaal speel hom af teen die agtergrond van komplotte en vuil spel. Die Joodse leiers van Jesus se dag was vol moordplanne. Hulle wou Jesus om die lewe bring. Die reuk van die dood hang in die lug.

Dan word die reuk van die dood verdring deur die geur van die liefde. Dis die liefdesdaad van iemand wat ’n ander se liefdesdaad verstaan. Sy het verstaan dat Jesus Christus se dood, die breek van Sy liggaam, lewe vir haar en ander lewe sou bring.

Wanneer mens verstaan dat God alles gegee het op Golgota, Sy enigste Seun, kan jy ook alles gee. Dit is wat hierdie vrou doen. Sy hou niks terug nie.

Die kosbare fles reukolie wat sy breek vir die salwing, was omtrent soveel werd as al die geld wat ’n gewone werker in ’n jaar verdien het. Sy moes lank gespaar het daaraan. In die konteks van daardie tyd was daar min rykes en baie armes. Baie armes sou met die verkoop van die olie gehelp kon word.

Die dissipels was verontwaardig oor die vermorsing. Om lief te hê, om God lief te hê, is egter nooit vermorsing nie. Ware liefde beteken prysgawe.

Liefde vra nie vir die regte oomblik nie. Wanneer die geleentheid hom voordoen, moet liefde betoon word. Die geleë tyd om liefde te bewys, is nou. Môre mag te laat wees. Liefde kan nie in rand en sent gemeet word nie, dit gee alles soos Christus ons leer deur Sy selflose liefde op Golgota. In antwoord op God liefde kan ons nie selfsugtige en afgemete lewens leef nie. ’

n Lewe van liefde is soos ’n fles reukolie wat gebreek word. Almal kom agter wat gebeur het. Gee jou lewe ook ’n liefdesgeur af?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.