Harley-Davidson, ‘n ikoon sonder weerga

2016-04-14 06:00
Die jaarlikse Africa Bike Week word vanjaar van 28 April tot 1 Mei in Margate gehou. Foto: FILE

Die jaarlikse Africa Bike Week word vanjaar van 28 April tot 1 Mei in Margate gehou. Foto: FILE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AAN die einde van die maand gaan die omgewing van Margate weer bewe weens die gebrul van motorfietse tydens die Africa Bike Week. Die oorgrote meerderheid van hulle sal Harley-Davidsons wees - daardie ikoniese Amerikaanse simbool van rebelsheid, vryheid, en deesdae, van welgesteldheid.

‘n Harley is maklik herkenbaar nog voordat jy die masjien aanskakel. Vol chroom en artistieke verfwerk, groot, swaar, vet band agter en smalle voor, in verskeie groottes en ontwerpe, sommiges uniek, en ooglopend Amerikaans. So Amerikaans soos Jack Daniels whisky. Hul eienaars wêreldwyd wissel van langhaar-leerbeklede bendes wat swerm van drinkplek tot drinkplek, tot beskaafde, professionele, welaf mense, baie van hulle ouer as sestig, met ‘n passie vir die lewenstyl en unieke kleredrag waarvan ‘n Harley die middelpunt is. Gelukkig kom die meerderheid mense wat die jaarlikse geleentheid in Margate bywoon uit die tweede groep, hoewel die “rowwejacks” ook goed verteenwoordig is. Dis nou die manne wat drie-uur die oggend rubber in sirkels brand onderwyl die uitlaatstelsel bulder, en dan skielik verdwyn voordat iemand hulle kan aankeer.

Hoewel daar motorfietse van ander fabrikate ook sal wees, hoofsaaklik Japans en Duits, is hulle by verre in die minderheid. Wanneer ‘n mens in gesprekke met die ryers betrokke raak, is dit duidelik dat ‘n Harley-eienaar nie veel dink van ander fabrikate nie, en ‘n nie-Harley-eienaar oortuig is die ikoniese fietse is verouderd en outyds, verbeeldingloos en hopeloos te duur.
Van Harley se felste kritici wys daarop dat bitter min van die vervaardiger se ingenieurs-tegnologie oor 50 jaar verander het. Vir die Harley-liefbebbers daarenteen, is dit juis die fietse se grootste bate.

Hierdie meningsverskil verteenwoordig die algemene gevoel oor Harleys. Ook in die res van die wêreld. Die uwe het bietjie navorsing- en leeswerk gedoen, en daar is geen twyfel nie dat daar geen lou- of “grys”-gevoel oor Harleys is nie. Feitlik die enigste ding waaroor die pro- en anti-Harleymense saamstem, is dat die uitlaatklank uniek en iets besonders is. Ongelukkig is die klank ook die hoofrede vir baie Harley-haters se gevoel. Hulle sê Harleyryers is so behep met die klank dat hulle aanhoudend die toere opjaag om “af te show” of goed te voel, maar in die proses ander mense irriteer. Of jy nou ‘n motorfiets-eienaar of entoesias is of nie: jy is of mál oor ‘n Harley, of jy haat ‘n Harley.

Die harde werklikheid is, die Harley-Davidson-maatskappy verkoop treinvragte motorfietse per jaar. In 2012 was meer as vyftig persent van die swaar toerfietse wat ter wêreld verkoop is, Harleys. Die eerste een silinder-Harley is in 1903 deur Bill Harley en Arthur Walter Davidson in Milwaukee gebou … en iemand het hom gekoop. In 1905 het hulle 11 vervaardig, en in 1908, 154.
Bill Harley se broer William het hom by hulle aangesluit, en in 1909 het hulle die eerste twee-silinder enjin in V-formaat van een duisend kubieke sentimeter ontwerp, die ontwerp wat tot vandag toe ‘n Harley-kenmerk is.

In die jare daarna was Harley-Davidson se grootste kompetisie in Amerika die Indian-maatskappy, wat die eerste motorfiets in Amerika in 1901 vervaardig het.
In 1918 was Harley-Davidson die grootste motorfiets-fabriek in die wêreld, maar het toenemend teëspoed van motors soos die Model T-Ford begin kry, wat so goedkoop was dat mense eerder vier wiele aangeskaf het.
In albei wêreld-oorloë het Harleys ‘n groot rol gespeel. Van 1941 af tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die Amerikaanse weermag die volle produksie fietse gekoop.

In die vyftigerjare het die Britse motorfiets-vervaardigers die Harley-fabriek groot hoofbrekens besorg en 40% van die wêreldmark ingepalm.
Die Triumph was uiters gewild, maar kon uiteindelik nie die pas teen die Japanners volhou nie.
In die tagtigerjare was die Harley-Davidson-maatskappy feitlik bankrot weens die Japanse fietse wat goedkoper, vinniger, meer hanteerbaar, en beter ontwerp was. ‘n Kundige bemarker het raad gegee: moenie probeer om jul fietse te verkoop nie. … ontwerp en verkoop die lewenstyl. Dis presies wat gedoen is, en die res is geskiedenis.

Intussen wag ons op die einde van die maand en die kenmerkende, ikoniese geroggel van duisende Harley-enjins.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.