‘Hel toe en terug’. Die reis van Jean Loots

2018-05-03 06:00
FOTO: VERSKAFJean Loots, wat vandag dwelmverslaafdes help nadat hy self die reis hel toe en terug meegemaak het.

FOTO: VERSKAFJean Loots, wat vandag dwelmverslaafdes help nadat hy self die reis hel toe en terug meegemaak het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT was verlede week ‘n groot voorreg om kennis te maak met ‘n baie spesiale mens: Die 28-jarige Jean Loots, Hoof van Onderhoud by ‘n rehabilitasiesentrum in Ramsgate, en ook bestuurder van die sentrum se sg. ‘Halfweghuis’.

Jean is reeds die afgelope 22 maande by die sentrum, die South Coast Recovery Centre, en die afgelope jaar in sy huidige hoedanigheid nadat hy eers deur ‘n skrikwekkende periode van sy lewe, gevolg deur ‘n rehabilitasieprogram van tien maande by die sentrum was. Hy praat openlik oor hoe hy die spoor byster geraak het, en wat hy moes deurmaak om vandag te kan verklaar hy is ‘skoon’.

Jean is dankbaar dat hy een van die gelukkiges is wat erg aan dagga, ‘harde’ dwelms en alkohol verslaaf was, maar verlos is van sy afhanklikheid met die hulp van kundiges, selfdissipline en geloof.

Jean maak geheim daarvan nie dat sy bekering tydens die behandelingstyd by die sentrum ‘n sleutelrol in sy rehabilitasie gespeel het. ‘

Sonder my geloof in Jesus Christus en Sy hulp en invloed in my lewe, sou ek dit nooit gemaak het nie. Op geen manier nie’

Jean se lewensverhaal klink soos die bekende uitdrukking ‘hel toe en terug.’ Sy reis na sy aardse hel het op 13-jarige ouderdom op Klerksdorp begin toe sy ouers geskei is.

Hy het begin dagga rook, gekuier by sy suster se vriende wat heelwat ouer was, tussen 18 en 21, meesal ook in onstabiele gesinne, en wat hom op die verkeerde pad gelei het. Van 15 jaar oud af het hy kokaïne, benewens drank en dagga, gebruik.

Hy was sestien toe hy kokaïne en drank gelos het, maar steeds dagga gerook het. Hoewel hy probleme op skool gehad het, het hy matriek geslaag.

Ná skool het hy werk by ‘n mynmaatskappy op Rustenburg gekry, ‘n goeie salaris verdien, en sy drank en dwelmmisbruik het toegeneem. Hy het met ‘harde’ dwelms soos CAT kennis gemaak, en sy lewenswyse het so hande uitgeruk dat hy deur sy werkgewer afgedank is. Jean is Kaapstad toe.

Daar het hy op Worcester by ‘n wynkelder werk gekry, en sy reis op die dwelmpad het verdere momentum toe hy op 21-Jarige leeftyd TIK begin gebruik het.

Hy was verbaas hoe maklik bekombaar en relatief goedkoop dit was.

‘Ek het vriende gemaak met van my kollegas in die Kleurlinggemeenskap’, vertel hy, ‘en is deur hulle aan bendes voorgestel by wie ek besonder gewild was. Hulle het my gerespekteer omdat ek bereid was om by hulle betrokke te raak.’

Hierna is Jean Mosselbaai toe waar hy by sy oupa gewoon, maar by bendes betrokke geraak het.

Saam met hulle het sy dwelm- en drankmisbruik vererger, en is hy deur verskeie skrikwekkende ervarings, soos mense wat voor hom doogemaak word, beelde wat vandag nog by hom spook en somtyds moeilik maak om te slaap.

‘Ek kan byvoorbeeld onthou hoe iemand voor my aan stukke gekap is.

Dit was traumaties’. In hierdie tydperk het hy ‘n ‘baie spesiale meisie’ ontmoet by wie hy ‘n dogtertjie gehad het.

Hy het haar egter gemanipuleer vir geld om sy dwelmkoste te dek, en weer op straat beland. Sy meisie het hom talle male kom haal, elke keer tevergeefs. Uiteindelik het hy besluit hy kan nie meer nie, en is terug na sy oupa toe.

Sy oupa en ‘n welgestelde oom het tot sy redding gekom , en hy is na die rehabilitasiesentrum in Ramsgate gestuur.

Hier het hy die program van ses maande voltooi, plus ‘n bykomende vier maande by die sg. Halfweghuis, (wat hy nou bestuur), waar mense stelselmatig gehelp word om weer ‘n normale lewe te lei.

‘Die feit is’, verklaar Jean, ‘herstel is ‘n lewenslange proses. Toe ek hier aangekom het, het ek slegs 64 kg geweeg, en min mense het gedink ek sou dit maak.

Maar met die hulp van die Here is ek daardeur. My oupa is ongelukkig oorlede toe ek agt maande hier was, maar my dogtertjie is nog die lig in my lewe. Sy bly by haar ma, met wie ek nie getroud is nie, maar ‘n goeie verstandhouding het.’

Jean voel sterk oor die moontlike wettiging van daggagebruik in enige vorm. ‘Dit maak nie saak wat die sg. Kenners sê nie: Dagga is bewys as die grootste ‘gateway drug’ onderweg na sterker middels soos kokaïne en heroïene, en is die grootste oorsaak van ernstige psigotiese afwykings.

Daarbenewens kies dwelms nie ‘ras of klas’ nie. Enigiemand kan ‘n slagoffer word, soos die sakemanne en ander mense in ons plaaslike samelewing en elders wat kokaïne gebruik om beter te kan funksioneer, of om ‘sosiale redes’. Talle van hulle beland hier by ons met baie ernstige verslawings.’

Jean het net lof vir wat die sentrum vir hom beteken. Dit het in Junie verlede jaar nuwe eienaars gekry, en die hoof-aandeelhouers is die Hoofbestuurder, Derek Walton, wat 27 jaar in die polisie was, die plaaslike prokureur Robin Petterson, en Gary Tainton.

Die rehabilitasieprogram duur ses maande, en die sentrum het gekwalifiseerde maatskaplike werkers, addiction counsellors en ‘n kliniese sielkundige wat help met die behandeling.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.