Heldedade

2018-11-08 06:02

Wie se lewensverhaal inspireer jou die meeste? Ons het almal grootgeword met stories van heldedade.

Wie onthou nie die verhaal van Rageltjie de Beer en Wolraad Woltemade uit hul kinderdae nie? Hoedat Rageltjie haar boetie warm gehou het in die sneeu en toe self van die koue dood is.

Of hoedat Woltemade met sy perd drenkelinge red na ’n skeepsramp en dan self verdrink. Dit inspireer ons mos. Die Franse skilder Jacques-Louis David (1787), beeld in sy skildery die dood van die beroemde wysgeer Sokrates op ’n treffende wyse uit. Sokrates is daarvan aangekla dat hy die jeug van Athene met ’n slegte voorbeeld verlei het.

Hy is ter dood veroordeel en gedwing om die gifbeker te drink. Dit word gesê dat hy op sy sterfbed soos ’n held gesterf het toe hy die gifbeker geledig het. Sy dood inspireer sekerlik sommige mense.

Daarteenoor lees ons in Matteus 26:36-46 van die sterwensure van ’n ander held wat ook ’n gifbeker gedrink het. Hierdie onskuldige held tree nie met bravade op nie.

Inteendeel, op pad na sy wrede dood vertel hy vir sy vriende dat hy doodsbenoud voel. Hy stort selfs daar in die tuin van Getsemane trane en word angstig. Sjoe, dit klink nou mos nie na ’n heldeverhaal nie.

Daarbý onderhandel hy ook nog met God oor of die beker dan nie maar kan verbygaan nie. Drie keer doen hy dit. Eers dan staan hy op van die grond af van waar hy volgens die evangelis Lukas bloed gesweet het en stap sy teregstelling tegemoet.

U het reg geraai, die held wat trane stort is Jesus Christus. Sy laaste ure inspireer ons vandag nog. Ons weet dat dit ons is wat daar moes bloed sweet.

Ons weet die gifbeker wat Hy gedrink het, was vol van ons sonde, walglikheid, trots en watter aakligheid ons kan opnoem. Hy ledig die beker in ons plek. Hy inspireer ons want, ons is nie so dapper as hulle ons laat weet ons het kanker nie.

Ons knak ook maar onder die aanhoor van slegte nuus. Dan gaan ons na die held van Getsemane. Hy wat broos was, verstaan. In so ’n held sal ek roem.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.