Innerlike verskeurdheid

2016-07-21 06:00

KLEINTYD het my ouma, as ek stout was, vir my gevra: “Wie sit alweer daar op jou skouer? Is dit die duiwel?”

Dit is egter ‘n feit dat almal van ons soos die apostel Paulus in Romeine 7:21 ervaar dat ons die goeie wil doen, maar die kwade bly ons by. Dis natuurlik ‘n ervaring van alle mense, maar die Bybel het Christene in besonder in gedagte.

Dit is een van die ou kerkvaders wat gesê het dat die Christen tegelyk regverdig en sondaar is.

Dit is soos met die man wat vet op sy klere mors by die braaivleisvuur. Staan hy ver van die lig af, sien mens nie die kol so maklik raak nie, staan jy nader aan die vuur se lig, merk jy die kol al meer.

Hoe nader mens aan die Here Jesus Christus leef, hoe meer ontdek jy dat jy uit jouself nie in staat is om die goeie te doen nie, vandaar die innerlike verskeurdheid.

Ons weet ons moet byvoorbeeld meer verdraagsaam wees, maar ontdek dat ons by tye ook maar baie onverdraagsaam kan wees.

Wat is die antwoord vir hierdie innerlike verskeurdheid? Self help boeke? Nuwejaar voornemens? Ons weet uit ervaring dat al hierdie dinge net tydelik help. Die antwoord lê buite onsself. Dit lê by Christus self. Wie hul toevlug neem tot Hom en Sy genade, is veilig en beskut teen selfbejammering en moedeloosheid.

By Christus is daar genade want Hy vergewe sewentig maal sewe. Dit beteken dat ek my kwesbaarheid en feilbaarheid as mens voor Hom sal erken. Ons almal se lewenspad is besaai met swak keuses, gesindhede en dade.

Erken dit, en vind in Christus rus. Sy juk is sag en Sy las is lig.

Onthou dat jy nie ‘n vark is wat in die modder hoef rond te rol nie. Jy is deel van die Goeie Herder se kudde. Skud die modder af, soos ‘n skaap sal doen. Jy wil mos nie in die modder voortploeter nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.