Is die stryd teen renosterstropery tevergeefs?

2018-05-24 06:01
Renosterhorings waarop beslag gele is.

Renosterhorings waarop beslag gele is.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TYDENS ‘n besoek aan ‘n plaaslike supermark verlede week het ek by die ingang ‘n geselsie aangeknoop met ‘n man wat inligting verskaf en handtekeninge werf vir ‘n petisieveldtog teen renosterstropery. Dieselfde dag nog was daar berigte in die nuusmedia oor regsoptrede teen ‘n boer op wie se plaas groot hoeveelhede renosterhoring ontdek is, en verskeie publikasies het verwys na inhegtenisnemings van stropers, onder wie ‘n senior polisieman. Dit het my laat moed skep dat daar vordering gemaak word om hierdie weersinswekkende slagting van hierdie diere die hoof te bied.

Totdat ek vandeesweek ‘n berig in die Daily Maverick gelees het wat my moed in my skoene laat sak het. Dit is geskryf deur ‘n Switserse filmmaker Karl Ammann, wat saam met die Suid-Afrikaner Phil Hattingh ses jaar bestee het om ‘n dokumentêre rolprent oor renosterstropery te maak met die naam ‘The Hanoi Connection’. Ammann behandel verskeie aspekte van die probleem, uiteraard te veel om alles te noem in ‘n berig soos hierdie, maar die basiese slotsom waartoe hy gekom het, is dat die vraag steeds sal groei tot heelwat meer as die duisend renosters per jaar wat afgemaai word. Die hoofrede hiervoor is die klemverskuiwing van ‘gesondheid tot rykdom’.

Ammann en Hattingh het talle besoeke aan lande soos Viëtnam, China, Laos, Myanmar en ander in die Verre-Ooste gebring, en tot die slotsom gekom dat ‘n groot persentasie van die kopers van renosterhoringprodukte om gesondheidsredes waarskynlik mislei word.

Hulle word vertel hulle koop renosterhoring, maar ontvang gepoeierde horing van allerlei boksoorte en waterbuffel. In Guangzhou in China het hulle selfs op duisende nagemaakte renosterhorings by ‘n mark vir diereprodukte afgekom. Hulle het op plekke renosterhoringpoeier en -fragmente gekoop, en dit vir toetse na die Veeartsenykundige-genetikalaboratorium aan die Universiteit van Pretoria vir ontleding gestuur. Hierdie laboratorium analiseer soveel DNA-monsters van lewende en dooie renosters as wat moontlik is. Dis bekend as die RhODIS-stelsel, waarvan die databasis reeds die DNA-profiele van 20-duisend renosters, ook van ander Afrikastate, bevat.

Die laboratoriumtoetse het getoon dat bykans 90% van die renosterhoringfragmente en -poeier afkomstig van die tradisonele Chinese gesondheidswinkels, geen renosterhoring bevat het nie. Ammann sê van die poeier was afkomstig van hoogsbedreigde bokspesies in Europa en Asië, asook koedoes, skape en waterbuffel. Wat hulle wel ook vasgestel het in besoeke aan juweliers- en artefaktewinkels in die gegoede toeriste-areas van verskeie stede in die Verre-0oste, is dat egte renosterhorings daar vrylik beskikbaar is as luukse items.

Wat beteken dat honderdduisende Amerikaanse dollar bestee word deur welgestelde Asiërs om renosterhorings as statussimbole te koop. Volgens Ammann is dit duidelik dat die dominante markkrag in die handel met renosterhorings nie meer medisinaal is nie. Status, en veral die sosiale ‘agting’ wat met duur, ‘verbode’ goedere geassosieer word, dryf nou die aanvraag. Nagemaakte renosterhoring word ook in hierdie duur mark verkoop, daarom stuur kopers dikwels kenners om vas te stel of dit wat hulle koop, eg is.

Ammann en Hattingh het ook gevind dat hoewel 90% van die produkte wat hulle by die gesondheidswinkels gekoop het, oneg was, was 90% van die artikels afkomstig van die winkels met die luukse egte renosterhoring. Oor die afgelope drie jaar, het monsters wat Pretoria toe gestuur is, 40 egte individuele renoster DNA-profiele opgelewer. RhODIS-tegnici by die universiteit het meesal witrenosterhoring geïdentifiseer, maar ook dié van swart renosters. Die interessanste en betekenisvolste bevinding was egter dat 90% van die monsters glad nie verbind kon word met enige van die RhODIS-DNA-profiele op hul rekords nie.

Nou ontstaan die vraag: Waar kom hierdie ander horings vandaan? Suid-Afrika het ‘n beheerstelsel waarvolgens alle renosters in privaatbesit geregistreer word, en enige vermiste diere word aangeteken.

Die vervaardigers van die dokumentêre rolprent meen alles dui daarop hierdie stelsel is nie waterdig nie, en dat gewetenlose renoster-eienaars maniere kan vind om horings ‘deur die agterdeur te verkoop’ sonder om bang vir die gevolge te wees. Sekere Suid-Afrikaanse renoster-eienaars het laat blyk hulle ontvang gereeld navrae van potensiële klante wat vra waar horings gekoop kan word. Niemand is nog vervolg omdat daar ‘n renoster op hul plaas vermis word, of omdat van die renosters op hul eiendom nie horings het nie. Omdat daar baie min plaaslike renosterhoring-verbruikers in Suid-Afrika is, vra die vervaardigers die vraag of pogings om die handel in renosterhoring te wettig, nie bloot ‘n manier is om ‘n reeds-voooruitstrewende plaaslike mark – waarvan die produkte reeds wêreldwyd beskikbaar is – te formaliseer nie.

Hierdie dokumentêr bevat talle verbasende en insiggewende onthullings, en of die situasie so erg is was wat dit lyk, sal die tyd moet leer. Een feit staan egter soos ‘n paal bo water: Indien Suid-Afrika ( en die res van Afrika) nie drastiese stappe doen om hierdie gety om te keer nie, gaan ons renosters die een na die ander afgemaai word. Want geld en gierigheid wen gewoonlik enige stryd.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.