Johann Rupert, nog ‘n slagoffer van die sosiale media?

2018-12-20 06:00
PHOTO: SOURCEDDie Suid-Afrikaanse miljardêr, Johann Rupert, op die verhoog saam met die voorsitter van MSG Afrika, Given Makhari, tydens die TV-optrede wat groot kontroversie veroorsaak het.

PHOTO: SOURCEDDie Suid-Afrikaanse miljardêr, Johann Rupert, op die verhoog saam met die voorsitter van MSG Afrika, Given Makhari, tydens die TV-optrede wat groot kontroversie veroorsaak het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Tot dusver het die uwe beriggewing met ‘n sterk politieke strekking in hierdie weeklikse bydrae vermy, maar die onlangse onderhoud met Johann Rupert op ‘n TV-uitsending van Power FM het verskillende emosies in my wakker gemaak. Veral die reaksie op dit wat hy gesê het, in die besonder op die sosiale media. Toe ek by vriende in Shelly Beach na die onderhoud gekyk het, het ek besef dis inderwaarheid ‘n geskiedkundige geleentheid in die kleine, want Johann Rupert staan nie maklik onderhoude toe nie. Hy het ooglopend die geleentheid gebruik om sy menings oor kardinale sake in hierdie moeilike tye in Suid-Afrika te lug, en om homself blootstelling te gee aan mense wat nog net van Rupert die miljardêr gehoor het.

Myns insiens het hy hom uitstekend van sy taak gekwyt. Daar was by my ‘n warm gevoel omdat sy pa uit ‘n arm Afrikaner-agtergrond gekom het, maar met volharding ‘n reuse-sakeryk opgebou het. Dis bekend dat die Rupert-familie, sonder groot fanfare, reeds baie vir die land gedoen het, en nog steeds doen deur miljoene rande te bestee aan opheffings- en welsynswerk in onder meer agtergeblewe en minder-gegoede gemeenskappe. Hy het vlugtig daarna verwys, sonder om daarmee te spog. Dit was duidelik dat die meerderheid mense in die gehoor, wat verskeie hooggeplaasdes, onder wie die Switserse ambassadeur, ingesluit het, aandagtig na hom geluister het met ‘n aanvoelbare goedgesindheid.

Ongelukkig het ‘n stortvloed kritiek op die sosiale media, veral Twitter, losgebars oor sekere van sy uitlatings. Toegegee, sy woordkeuses was soms effe onsensitief, soos die verwysings na Shangaans, Vendas en Swartes. Die veldtog wat aanvanklik deur Bell Pottinger aan die gang gesit is met die ‘White Minority Capital’-slagspreuk, het weer lewe gekry. Die kritiek was ooglopend ‘n poging om te keer dat hy sy kritici verkeerd bewys, en het in ‘n groot mate daarin geslaag. Wanneer die sosiale media ge-organiseerd gebruik word om gevoelens teen mense, instellings en menings op te sweep, is dit ‘n formidabele wapen. Selfs enkele bekende rubriekskrywers het ook gefokus op minder-belangrike maar potensieël-kontroversiële uitlatings, pleks daarvan om die kern van sy boodskap uit te lig. Op Twitter is hy onder meer ge-etiketteer as ‘n tipiese welgestelde Afrikaner-rassis uit voeling met die werklikheid. In teenstelling hiermee, was die kommentaar van ‘n invloedryke swart joernalis egter bemoedigend: Volgens hom het die sosiale media meer ‘hitte’ as ’lig’ oor die saak veroorsaak. “Pleks van reflektiewe denke, kritiese dialoog en respekvolle gesprek aan te moedig, het die sogenaamde ‘swart twitterati’ en ander sosiale media-platforms ontplof in vulgêre etikettering en selfvoldane vingerwysings,” was sy mening. Myns insiens, in die kol.

Die kern van Rupert se boodskap oor die Suid-Afrikaanse ekonomie en wat hy sou doen indien hy die president was? Kortliks die volgende: Mense, veral professionele swart mense het toegang tot ‘netwerke’ nodig, en hy sal sakevriende organiseer vir ‘n ‘netwerk-vergadering’ indien daar belangstelling is. Die land se onderwysstelsel moet verbeter. Mense word nie behoorlik opgelei vir ‘n nuwe ekonomie nie. Suid-Afrika se kiesers is die afgelope tien jaar as gekke beskou. Hy haat nie oud-president Zuma nie, maar haat wat hy aan die land gedoen het. Die korruptes in die land steel geld van die armes, nie van die wat geld het nie. Beleggersvertroue moet geskep en reëls nagekom word. Sakemense het President Mbeki in die steek gelaat. Hy het ‘n perfekte beleggers-scenario geskep en dis nie benut nie. Daar moet wedersydse vertroue tussen die regering en sake-ondernemings wees. “Ons benodig ‘n bietjie liefde van die regering instede daarvan dat etikette van blanke monopolie-kapitaal om ons nekke gehang word.” Klein en medium-ondernemings kan werk skep, maar die rompslomp moet uitgeskakel word. Die ‘boewe’ by die Inkomstediens het verlede jaar R20-biljoen rand in BTW teruggehou en verskeie besighede moes tou opgooi. Toe hy gevra is wat hy doen om swart entrepreneurs te help, het hy geantwoord hy kan nie Vader Kersfees vir die hele land wees nie. Hy bestee reeds miljoene om hulle te help, het hy verklaar, gee meer geld weg as wat hy op sy gesin bestee, insluitend sy salaris, en mense na aan hom weet hoe baie hy reeds doen. Oor die herverdeling van grond het hy gesê daar sal nooit vrede wees voordat dit gebeur nie. Hy verkies om te praat van eiendom. “Ons moenie in dieselfde slaggat trap as Zimbabwe en Venezuela nie. Alles het goed gelyk op papier, maar die spel word op gras gespeel.”

Rupert het na die onderhoud gesê hy wou nie aanvanklik nie optree nie, en is spyt dat hy uiteindelik wel ingestem het. Hy het ook verskoning gevra indien hy iemand aanstoot gegee het. Die bg. swart kommentator het die saak egter so opgesom: “Ons het verdraagsaamheid nodig. In ‘n demokrasie sal daar nooit een enkele mening wees nie, en dis ‘n goeie ding. Ons moet die reg van ander wat van ons verskil, verdedig en beskerm. Mense wat aandagtig na Johann Rupert geluister het, sou nuwe insigte gekry het in een van Suid-Afrika se grootste seuns.”

Hoor-hoor. Net jammer die sosiale media-bende het alles bederf.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 

Enter the examination number or search by province or school (NSC Students) to view results.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.