Kairostyd

2018-09-27 06:02

DALK het jy al gehoor van kairostyd? Daar is ’n verskil tussen chronostyd en kairostyd. Chronostyd dui op die minute wat meedoënloos verby tik. Verjaarsdae, herdenkings, geboortes, sterftes, dit alles reflekteer chronostyd. Chronostyd is kwantitatief. Kairos tyd is kwalitatief en dui op lotsbeslissings.

Die een meet sekondes, die ander die regte of geleë oomblik. Dalk sal die gediggie wat dr. Benjamin E Mays (vrylik vertaal) oor kairostyd skryf, die term verhelder: “Dis net ’n minuut, net sestig sekondes daarin. Jy kan dit nie weier nie. Dis joune om te benut. As jy dit misbruik moet jy daarvan rekenskap gee. Net sestig sekondes maar dit sluit die ewigheid in.”

Jesus praat in Matteus 25:1-13 oor kairostyd. Dit is die bekende gelykenis van die tien meisies met hulle lampe wat die nagtelike koms van die bruidegom by ’n Oosterse troue afwag. Vyf was verstandig en vyf dwaas.

Die eerste vyf het ekstra olie vir hul lampe saamgeneem, die laastes nie. Wanneer die bruidegom dan in die middel van die nag kom, moet die vyf dwases inderhaas olie soek by die meisies wat wel gereed was vir die bruidegom se terugkeer.

Hulle kon nie hul olie deel nie en die ander moes toe by die winkel gaan koop. Die gevolg was dat hulle te laat by die bruilofsmaal opdaag. Jesus maak in hierdie gelykenis duidelik dat daar ’n hele tyd tussen sy Hemelvaart en wederkoms sal plaasvind. Hy kom onverwags terug.

Jesus sinspeel in hierdie gelykenis op kairostyd. Ons moet nou die geleenthede tot ons beskikking aangryp. Ons moet enige oomblik gereed wees vir die Hemelse Bruidegom se terugkeer, anders gaan ons verlore. Dit beteken dat ons nie ’n lakse houding teenoor die lewe mag inneem nie.

Nou is die tyd om jou geloof in Christus te bely. Nou is die tyd om goed te doen aan ander. Jy kan nie die reddende geloof in Christus by ander leen nie, dis ’n geskenk van God en is nou tot jou beskikking. Jy het net soveel ure in ’n dag. Daar is niks so erg as spyt nie. Dit kom altyd te laat.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.