Kan ‘n verkleurmannetjie van kleur verander?

2016-01-21 06:00

STILTETYD

WAT ‘n dom vraag. Verkleurmannetjies verander van kleur. Kan mense verander? Dis ‘n moeiliker vraag om te beantwoord. My ouma het altyd gesê dat iemand wat volhard in sekere gedrag so gemaak en laat staan is. Kan rassiste verander? Kan gierigaards verander? Kan skelms goeie burgers van die samelewing word? Kan onkruid in koring verander by wyse van spreke? Dit lyk tog so. Die Bybel praat in 2 Korintiërs 3:18 van verandering. Aan die wortel van alles lê die vraag: “Wat laat mense verander? Hoe verander mense? Hoe word mense Christene?” Kom verandering van buite? Verander die reëls, dink nuwe wette uit, dan verander jy die spel.

In rugby word die reëls voortdurend verander en het ander spelpatrone tot gevolg. Baie spelers oortree die reëls moedwillig omdat die speler sy span probeer bevoordeel. Die elfde gebod geld. Jy is net skuldig as jy uitgevang word.

Die evangelie leer ons egter dat mens in ‘n nuwe verhouding moet tree waar jou houding innerlik verander. God kom volgens Jeremia en skryf die tafels van die Wet in ons harte. Ons kan reëls maak om alles te reël in die lewe. Reëls word gebreek. Uiteindelik kom ware transformasie van binne. Ons het nuwe harte nodig. Wanneer Christus deur die geloof in jou hart woon verander jy van binne en dit het ‘n effek op jou manier van dink en leef. U onthou mos die Kersverhaal van Charles Dickens, “Scrooge?” Dit is die verhaal van innerlike transformasie. Scrooge was bekend as ‘n hartelose mens, wat net vir sy eie oorlewing omgegee het. Hoe verander hy? Dit kom deur selfinsig wat aangehelp word deur “The ghosts of Christmas past,” Scrooge kom agter wat hom as mens gevorm het en so harteloos gemaak het. Uiteindelik gebeur daar niks anders nie as “innerlike transformasie” en hy word as’t ware weergebore. Skielik is hy nie meer ingestel daarop om geld te maak en homself teen seer te beskerm nie. Hy kyk met nuwe oë na sy werknemers en word dienaar in diens van ander, iemand met medelye en deernis.
Mag ons tog in hierdie nuwe jaar deur die Heilige Gees nuwe harte ontvang. Mag Christus deur die geloof in ons harte woon. Mag ons met nuwe harte, met Christus se deernis en medelye na mekaar kyk. Ons manier van leef hier aan die Suidkus mag dalk radikaal anders daar uitsien in 2016.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.