Katastrofiese denke

2018-09-13 06:00

KATASTROFIESE denke is alles of niks denke. Jy oordryf die negatiewe uitkoms van ’n situasie heeltemal. Soms kan mens sekere situasies heeltemal vermy en jou onttrek aan die lewe.

Dit maak dat jy nie nugter kan dink oor sake nie en naderhand verlam word deur onsekerheid en angs oor wat kan gebeur of nie gebeur nie. Die teenoorgestelde van katastrofiese denke is ’n houding van apatie. Dit word soms beskryf as die verlies aan energie om iets aan jou situasie te verander.

Dit gaan saam met ’n verlies aan hoop dat dinge anders kan wees in die toekoms. In Matteus 24:36-44 praat Jesus met Sy dissipels oor Sy wederkoms. Dit sal gepaard gaan met ’n katastrofe vergelykbaar met die sondvloed van Noag se tyd.

Jesus se woorde het betekenis gehad toe Jerusalem verwoes is, maar ook implikasie vir die tyd van Sy wederkoms. Daar is mense in ons dag wat die selfoonoperateurs ryk maak met hul katastrofiese boodskappies oor hoe naby ons eintlik aan Sy terugkeer is. Wat hulle nie besef nie is dat hul strooipos net meer verwarring en angs by mense skep. Jesus waarsku Sy volgelinge van alle tye om nie sake te oordryf nie. Katastrofiese denke kan lei tot apatie of selfs ruimte laat vir kultusse om mag oor mense se denke en lewens te kry. Wat is die nugter boodskap van Jesus se terugkeer dan? Jesus sê dat met Sy terugkeer dit sal wees soos in die tyd van Noag. Toe het Noag gepreek oor die naderende katastrofe van ’n groot vloed wat die bekende wêreld van sy dag sou verwoes.

Die mense se reaksie na jare se waarskuwing op die naderende katastrofe was niks meer as apatie teenoor sy boodskap nie. Hulle het met hul normale lewe van eet en drink en trou aangegaan. Kom ons waak teen oordrewe reaksies op slegte gebeure wat ons hoor of sien en trek dit nie buite verhouding nie. Moet ook nie apaties teenoor Jesus se waarskuwing oor Sy terugkeer staan nie. Jesus Christus se wederkoms is naby. Dit noop ons om voorraadopname van ons lewens te maak. Vir die Christen voorspel Jesus se wederkoms nie rampspoed nie, maar verlossing. Vir die ongelowige sal dit wel katastrofies wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.