Ken ons mekaar?

2016-03-10 06:00

STILTETYD

MARGATE is ‘n aftree-Mekka. Ek gesels onlangs met een van die afgetredenes van Gauteng. “Hoe lank woon julle al hier, vra ek?” “So drie jaar, antwoord die man.” “Wie woon langs julle, vra ek toe?” Die antwoord was dat hulle nie weet nie.

Mens sou maklik die skuld op hulle kon pak. Moes hulle nie uitgereik het na die bure nie? Of moes die bure nie na hulle toe uitgereik het nie? Ons sou ook kon sê dat vanweë die misdaad, ons maar versigtig vir mekaar moet wees. So bou ons egter klowe en mure tussen mekaar op. Die Bybel roep Christene op om gasvry teenoor mekaar te wees. Die Bybel leer in Hebreërs 13:2 dat Christene nie moet nalaat om gasvry te wees nie.

Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang. Dit verwys natuurlik na die Abrahamsverhaal in die boek Genesis, toe Abraham en Sara drie engele wat soos gewone reisigers gelyk het, gasvry ontvang het en die belofte van ‘n nageslag ontvang het.

Hoe sou dit lyk as Christene hier aan die Suidkus hierdie opdrag in die Skrif begin navolg, en hulle harte, huise en beursies oopstel vir mense wat andersins nie geag word nie? Hoe sal dit wees as jy ‘n bejaarde uitnooi vir ‘n ete sonder om iets terug te ontvang? Die letterlike vertaling van Hebreërs 13:2 sou ook so kon lees: “Moet nie nalaat om gasvry te wees teenoor vreemdelinge nie....” ‘n Vreemdeling is iemand wat jy nog nie ken nie. Ons wil nie uitgebuit word nie, is ons natuurlike reaksie. Ons is skrikkerig vir andere. En tog is daar die spreekwoord wat lui: “’n Vreemdeling is iemand wat jy nog nie leer ken het nie.”

Kom ons maak daarvan ‘n punt om iemand buite ons klein kring te leer ken, deur doodeenvoudig net navraag te doen oor sy of haar welstand. As die meubelwa in jou kompleks of buurt stop, wees jy die eerste om te gaan groet. Jesus Christus het immers uitgereik na almal met God se liefde, vriend en vyand. Sy kruisliefde bring vriend en vyand bymekaar. In die huis van Sy Vader is daar baie woonplek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.