Kindermishandeling, een van Suid-Afrika se vele skandvlekke

2018-06-14 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die tronkstraf wat ‘n bekende plaaslike sakeman en munisipale amptenaar verlede week opgelê is op verskeie aanklagte van seksuele aanranding op twee minderjarige meisies, en die vervaardiging en besit van kinderpornografie, het herinneringe teruggebring van die dae wat hierdie verslaggewer in die hof deurgebring en na die getuienis geluister het.

Dit was skokkend, en tragies om te sien watter ernstige trauma die ouers en betrokke familielede aan albei kante deurgemaak het oor die tydperk van amper vyf jaar wat die saak geduur het. Dan praat ons nie eens van die kinders self nie.

Hierdie saak is maar een van talle wat daagliks in ons land in die howe beland. Ongelukkig is daar honderde, dalk duisende, wat nie in howe aangehoor word nie.

‘n Uiters insiggewende berig in die Daily Maverick deur Robyn Wolfson-Vorster en Talia-Jade Magnes skets ‘n skokkende scenario.

Met die aanloop tot Kinder-beskermingweek het statistiek wat in die Parlement bekend gemaak is, getoon dat kinders by minstens 41% van alle aangemelde verkragtingsake oor die afgelope drie jaar betrokke was. In dieselfde periode is 2 600 kinders vermoor.

Tienduisende babas word dwarsdeur Suid-Afrika eenvoudig ‘weggeggooi’, en twee uit drie van hulle oorleef dit nie. Wat ‘n mens egter figuurlik soos ‘n hamerhou tussen die oë tref, is die kort verslae oor die omstandighede van 11 kinders wat deur Kinderbeskerming-aktiviste ondersoek word, en deur die Daily Maverick gepubliseer is. Die name is verander, maar die omstandighede is eg:

PATRICIA: Ek is Patricia. Ek was drie toe ek oorlede is. Die mishandeling het begin toe my stiefpa by my ma ingetrek het. Hy het my in my maag geskop.

Hy het my teen die mure gestamp wanneer hy kwaad word.

My ma het my uit die slaapkamer gegooi toe ek my bed natgemaak het. Ek het op iets hard geval en my lyf was lank seer. Al het ander mense geweet, het hulle niks gedoen nie. Nadat ek gesterf het, het die dokters gevind dat my hele lyf letsels gehad het. Ek is Patricia. Ek is dood.

MATTHEW: Ek is Matthew. Ek is 12 jaar oud. My pa is skuldig bevind op 107 aanklagte van kinderpornografie. Ek het jare lank in sy huis gebly, maar niemand het my gesien of gehelp nie.

Selfs nadat die owerheid van sy misdade bewus geraak het, het ek in sy sorg gebly. Ek is die kind van ‘n man wat misdade teen kinders gepleeg het. Ek is ook ‘n kind. Ek is Matthew.

TUMELO: Ek is Tumelo. Ek is drie maande oud. Ek het nooit my ma geken nie. Sy het my in ‘n plastieksak gesit en op ‘n vullishoop gelos net na ek gebore is. Ek was honger, koud, en bang vir die rotte. Ek was ook bang vir die hond wat my gevind het. Ek is sedertdien in die hospitaal.

Die dokters kon my tone en vingers red en die grootste deel van my neus. ‘n Verpleegster het my ‘n naam gegee. Ek hoop iemand sal my liefhê. Ek is Tumelo. Ek is weggegooi.

J ESSICA: Ek is Jessica. Ek is vier jaar oud. Ek bly by my ma en haar kêrel. Hy dwing my om seks met hom te hê.

My suster ook. Toe my ouers onlangs dwelms gebruik het, het het hy my in die bad ingedwing en my verkrag.

My suster was ook daar, en my ma het dit op video opgeneem. Hulle het die video verkoop om nog dwelms te kry. Ek wil nie hê hulle moet dit weer doen nie. Ek is Jessica. Help my asseblief.

THANDIWE: Ek is Thandiwe. Ek is ses jaar oud. Ek bly by my oom en tante. Amper elke been in my lyf is gebreek. My ma en pa het aan ‘n ondersoekbeampte verklaar hulle weet nie hoe ek so seer kon kry nie. Hulle het my mishandel en is nie vervolg nie. Ek is Thandiwe. Niemand is lief vir my nie.

SIFISO: My naam is Sifiso. Ek is 11 jaar oud. Ek was lief vir sokker. Ek wou eendag vir die Amakhosi speel.

My ouers het geld gespaar en baie opgeoffer om my Johannesburg toe te stuur. My afrigter het gesê indien ek wil speel, moet ek seks met hom hê. Hy was wreed en het my geslaan. Ek is Sifiso, en het nie meer ‘n droom nie. Ek kyk ook nie meer sokker nie.

LEBOHANG: Ek is Lebohang, Kort na my geboorte het my ma kanker gekry. Ons het my min gesien.

Ek kon op ‘n dag nie ophou huil nie, en my ma het my baie hard rondgeruk. My brein het begin bloei. Ek was lank in die hospitaal, en is nou serebraal-verlam. Ek is Lebohang. Ek is ‘n stukkende baba.

RYAN: Ek is Ryan. Toe ek ses jaar oud was, het my pa my ma vermoor.

Ek het in die hoek van die kamer gesit en my oë en ore toegehou. Die vuishoue was baie hard. Die patoloog het bevind my ma se ingewande was stukkend. My pa is nooit vervolg nie. Ek is Ryan. My ma is dood. Ek kan nie vergeet hoe dit gebeur het nie.

BABA 12599: Ek het geen naam nie, en het sonder een gesterf. Ek is op die vloer van ‘n toilet gebore. My ma was bang toe sy my hoor huil. Sy het gedink die pille wat sy my gevoer het, sou my laat sterf. Maar ek het baklei om te lewe.

Sy het my in ‘n putlatrine gegooi. Ek het in die gemors verdrink. Ek is nou in ‘n ongemerkte graf met nog 15 ander lykies. Ek wonder hoe sou ek vandag gelyk het. Ek is baba 12599. Ek het op my geboortedag gesterf.

REFILWE: Ek is Refilwe, en ernstig-gestremd. ‘n Man wat na my moes kyk onderwyl my ma by die werk was, het my elke dag verkrag. My ma het uitgevind en hospitaal toe geneem.

Die dokter het bevestig dat ek etlike kere verkrag is, maar het geen berading aangebied nie. My ma het kriminele aanklagte aanhangig gemaak.

Die polisie het die klagtes laat vaar omdat ek nie kan loop of praat nie. Hulle sê ek kan nie getuig nie omdat ek niemand kan vertel wat gebeur het nie. Niemand wil my ma help nie. Ek is Refilwe, is aanhoudend verkrag en die owerhede gee nie om nie.

JORDAN: Ek is Jordan. Ek was drie jaar oud toe ek oorlede is. My stiefpa het my aangerand, en my ma het niks gedoen nie. Hy het my teen my kop geslaan, en ek het begin bloei. Hy wou nie ophou nie.

Hy het my in kokende water gegooi en my hele lyf is verbrand. Iemand het my my nagklere laat aantrek en ek is in die bed gesit. Die pyn was ondraaglik. Ek is die volgende dag oorlede. Ek is Jordan. Ek is dood.

Dis om van siek te word. Wat gaan ons as Suid-Afrikaners hieraan doen?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.