Korrupsie

2018-02-22 06:01

KORRUPSIE met sy uitwasse van oneerlikheid, selfverryking, ens. is nie ’n mooi woord in enige taal nie.

Die voorblaaie is vol van korrupsie wat ontbloot word.

Die probleem met korrupsie is dat dit soos ’n stukkie suurdeeg werk wat die hele brood deurtrek en laat rys. Voor jy weet is dat nog tien ander wat op die soustrein spring. Jesus waarsku Sy volgelinge in Matteus 16:5-12 teen die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs, die godsdienstige leiers van Sy dag.

Baie van hulle het ’n negatiewe invloed op andere uitgeoefen. Soseer dat hulle nie die pad na God toe vir mense oopgemaak het nie, maar juis versper het. Jesus gebruik die effek van ’n stukkie suurdeeg op brood om te verduidelik wat Hy bedoel.

Die Jode het met Paasfees ’n ritueel waartydens hulle alle suurdeeg uit die huis verwyder. Dit gryp terug na die tyd toe hulle haastig uit Egipte moes vertrek en daar nie tyd was om brood te bak wat kom rys nie.

Dit moes hulle herinner aan God se ingrype op kritieke tye in Sy kinders se lewens. Mettertyd het suurdeeg egter ’n simbool geword van alles wat brood kan bederf.

Die godsdienstige leiers het mense aangeprys as hulle uiterlike godsdienstige rituele nagekom het, ongeag die toestand van hulle harte.

Vir Jesus gaan dit om rein harte. Vir die betrokke leiers was status en besittings baie belangrik. Jesus wys dit af, want dit kan mens se fokus weg vat van God af.

Elke mens oefen ’n invloed op ander uit. Ons het almal die vermoë om ander positief of negatief te beïnvloed.

Ons is almal ’n stukkie suurdeeg waar ons leef of werk.

Leer ons ons kinders byvoorbeeld dat eerlikheid en integriteit belangrike waardes is, of sien hulle uit ons lewens dat ons ook maar bereid is om die waarheid so bietjie aan te pas? Ons moet veral ook waak daarteen om ons goeie sedes met slegte geselskap te besoedel.

Moet u ook nie so maklik laat manipuleer deur mense nie. Wees eerder ‘n positiewe invloed soos sout en nie ’n negatiewe invloed soos die suurdeeg van die godsdienstige leiers wat mense weggehou het van God nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.