Kwitansies

2016-03-17 06:00

STILTETYD


EEN van die dinge wat deesdae die meeste mense kwel is skuld. Met stygende rentekoerse en verbande en kospryse, word dit al moeiliker om ons rekeninge te vereffen. Ons is diep in die skuld. Sou dit nie wonderlik wees as die bankbestuurder ons bel en laat weet dat al ons skuld vereffen is nie! Ja, die skuld is ten volle betaal! Jy is kwytgeskeld van al jou skuld. Dit is egter juis wat Christus in die belang van elke dissipel of volgeling van Hom gedoen het. Aan die kruis roep Hy uit: “Dit is volbring!”

Drie kort woordjies met geweldige implikasies. In die oorspronklike is dit net een woord. Tetelestai! Jesus se woord beklemtoon dat Hy nie opgegee het om die taak wat aan Hom opgedra was uit te voer nie. Hy het in ons plek aan die kruis kom sterwe, sodat ons die ware lewe deelagtig kan word. Daar is die bekende prentjie van die padda wat die reier wat hom wil insluk, aan die keel gryp en weier om ingesluk te word. “Moet nooit opgee nie,” lui die opskrif onder die prentjie.

Christus gee nooit op met jou nie. Moet nie moed opgee as jou gewete jou aankla en die duiwel jou verlede teen jou hou nie. Christus skenk aan ons ‘n nuwe toekoms. Aan die kruis het Hy ‘n kwitansie uitgereik met jou naam daarop. Alles wat jy gister gedoen het wat jou walg, wat jy vandag gedoen het en voel dat dit jou van God vervreem, ja ook jou toekoms, is deel van hierdie kwitansie. Christus het ten volle betaal. Daar is niks meer wat jou van die liefde van God in Christus skei nie.

Glo dit. Neem die kwitansie wat aan die kruis gespyker is uit God se hand. Gaan leef as begenadigde en wees nie so hard op jouself en op ander nie. Jou sondeskuld wat onbetaalbaar was, is immers deur Een wat in jou plek met Sy lewe geboet het, vereffen. Sy opstanding is die seël dat die skuld ten volle betaal is. Glo dit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.